Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Alles weer stabiel in SA, sê minister aan buurlande

Sy wil die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsagentskap (SAOG) en die internasionale gemeenskap in die breë gerusstel dat die situasie in die land stabiel is en dat ekonomiese aktiwiteit na “normaal” teruggekeer het.

Khumbudzo Ntshavheni
Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie. Foto: GCIS

So het Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, Woensdag gesê op ’n mediakonferensie oor die onluste nadat kommer uitgespreek is deur buurlande wat afhanklik is van noodsaaklike voorrade uit Suid-Afrika.

“Ons wil die versekering gee dat wetstoepassingsagentskappe bykomende personeel op die groot paaie ontplooi het om die deurgang van vragmotors te verseker,” het Ntshavheni gesê.

Sy het ook bekend gemaak dat die nasionale koronavirus-bevelsraad Sondag sal vergader om te besluit of die vlak 4-inperking verslap moet word of nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het op Sondag 11 Junie aangekondig ’n strenger inperking, wat onder meer ’n vervroegde aandklokreël en ’n verbod op die verkoop van alkohol insluit, met twee weke verleng word.

Volgens haar het ondernemings, waardekettings en die ekonomie tot die volgende mate herstel:

• Alle winkelsentrums, spazawinkels en winkels wat deur die onrus geraak is, het sedert Saterdag heropen;

• Bakkerye het ook heropen en brood, waarvan daar vroeër ’n tekort was, is weer op die winkelrakke;

• Melk is ook nou beskikbaar en verspreiders is besig om dit by die boere te kry;

• Suikermeulens is weer op dreef en boere het begin om suikerriet na die meulens te vervoer;

• In KwaZulu-Natal, waar die skade die ergste is, werk munisipaliteite met ondernemings saam om te verseker daar is genoeg kosvoorraad; en

• Die hawens in Durban en Richardsbaai is bedrywig.

Sy het wel bekend gemaak dat sowat 144 skole in die plundering deurgeloop het.

Hoewel dit glo nie met die onluste verband hou nie, het Ntshavheni ook bekend gemaak dat sowat 20 Sassa-kantore en poskantore gevandaliseer en afgebrand is.

Ntshavheni het ook gesê wetstoepassingsagentskappe ondersoek die beweerde mobilisering van Suid-Afrikaners om buitelandse vragmotorbestuurders aan te val.

Op ’n vraag oor of sy kan uitwei oor die gesondheidstoestand van die adjunkpresident, David Mabuza, wat in Rusland behandel word, het die minister gesê dit is sy private saak en dat sy gesondheid slegs in die openbare belang is as dit sy vermoë beïnvloed om sy werk te kan doen.

“Soos reeds aangedui, verwag ons hom gou terug in Suid-Afrika,” het Ntshavheni gesê.

Meer oor:  Khumbudzo Ntshavheni  |  Plundery En Geweld  |  Saog  |  Buurlande  |  Stabiel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.