Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Alliansie-vennote werk weer nou saam ná Zuma-tyd

Die ANC en sy drie alliansievennote het die aankondiging van pres. Cyril Ramaphosa verwelkom dat grond wat deur tradisionele leiers bestuur word, nie geraak sal word deur die regering se beplande beleid van onteiening sonder vergoeding nie.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdagmiddag aan die woord op ‘n mediakonferensie van die ANC en sy alliansievennote in Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg. Foto: Sarel van der Walt

Die drie alliansievennote van die ANC is die SAKP, Cosatu en die SA National Civic Organisation (Sanco).

Die alliansievennote het die naweek die eerste keer vergader sedert Ramaphosa in Desember tot ANC-leier verkies is.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdagmiddag op ’n mediakonferensie in Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, gesê die alliansievennote het ooreengekom om saam te werk met die oog op volgende jaar se algemene verkiesing.

Daar was spanning tussen die alliansievennote terwyl pres. Jacob Zuma president was.

Die alliansievennote het ook hul verbintenis tot die ANC se beleid van radikale ekonomiese transformasie hernieu.

Magashule het ook gesê ’n taakspan is saamgestel om die praktiese samewerking tussen die alliansievennote te hersien.

“Die gesprekke was in die gees van kameraadskap en almal het onderneem om in die toekoms beter saam te werk,” het hy gesê. Die gesprekke was “op die man af en eerlik”.

Verskeie sake is bespreek. Dit sluit onder meer die VSA en die besluite van pres. Donald Trump in en die invloed wat dit op die wêreldekonomie kan hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.