Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Plaasaanvalle bekommer héle regering, sê minister

Nie net sy nie, maar die hele regering is bekommerd oor die misdaadsituasie op plase en in die landelike gebiede.

So het Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Donderdag met haar besoek aan Kroonstad gesê.

Didiza is tans op uitnodiging van die Sernick Group in die Vrystaat en sal Vrydag ’n gradeplegtigheid vir opkomende boere in Edenville bywoon.

“Ons hou nie van die huidige situasie nie. Dit is sleg vir die ekonomie, en ons veroordeel die moorde op boere. Die regering is ook bekommerd oor landelike veiligheid in die algemeen.”

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Donderdag toe sy met boere op ’n plaas buite Kroonstad gepraat het. Die Vrystaatse LUR van landbou en landelike ontwikkeling, William Bulwane, is regs. Foto: Alet van der Walt

Didiza sê landbou is baie belangrik vir voedselsekerheid en die inperkingstyd het dit beklemtoon. Dit is ook belangrik omdat dit ’n veelvuldige ekonomiese uitwerking het as die grondslag waaruit ander nywerhede ontwikkel.

“Ons het in die eerste twee kwartale vanjaar gesien hoe ’n groot bydrae landbou tot die ekonomie lewer en ons wil dit volhou.”

Die minister sê haar departement en ander departemente werk saam om die probleme op die platteland op te los.

“Misdaad bedreig voedselsekerheid en ontmoedig jong mense om boere te word.”

Sy sê grondeise en ander kwessies lei ook soms tot konflik in gemeenskappe en die onderskeie departemente probeer betyds ingryp om probleme te voorkom.

“Wanneer daar spanning in ’n gebied is, moet ons dit ontlont voordat dit tot misdaad lei,” het sy gesê.

Meer oor:  Thoko Didiza  |  Kroonstad  |  Plaasveiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.