Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Tenders: 'Almal moet kontrakte publiseer soos W-Kaap’

Die DA in die Wes-Kaap het ’n beroep gedoen op alle provinsiale regerings in die land om in die provinsie se voetspore te volg om hul Covid-19-tenderproses en kontrakte te publiseer.

Bongikosi Madikizela, provinsiale DA-leier van die Wes-Kaap. Foto: Hermanus Times

Die beroep kom in die lig van die wydverspreide korrupsie in die tenderprosesse vir persoonlike beskermende toerusting (PPE’s).

Die Wes-Kaapse provinsiale tesourie het die eerste verslag bekend gemaak oor die provinsie se besteding aan PPE’s sedert die pandemie uitgebreek het.

Die verslag bevat al die name van verskaffers, beskrywings van die items en pryse en sal op ’n maandelikse, kwartaallikse en jaarlikse grondslag uitgereik word.

Die provinsiale tesourie het ook ’n sentrale advieskomitee vir verkrygings op die been gebring om departemente by te staan met die aankope van PPE’s en die bestuur van

voorraadkettings tydens die koronavirus-pandemie.

Bongikosi Madikizela, provinsiale DA-leier van die Wes-Kaap, het die Wes-Kaapse provinsiale regering geloof dat hy die PPE-verslag bekend gemaak het.

“Die besluit om die besonderhede oor die Covid-19-tenderproses bekend te maak, illustreer die regering se verbintenis tot deursigtige en skoon bestuur. Die DA doen nou ’n beroep op die agt ander provinsiale regerings om in die Wes-Kaap se voetspore te volg,” sê Madikizela.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.