Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Amptenaar sê Muthambi het haar ‘mishandel’

Om vir Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, te werk, het haar aan haar traumatiese ervarings van marteling onder die apartheidsregering herinner.

So het Phumla Williams, waarnemende hoof van die regering se kommunikasiediens, Maandag aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê.

Phumla Williams. Foto: Katholo Maifadi

Sy het in trane uitgebars toe sy vertel het hoe Muthambi haar so emosioneel en verbaal mishandel het dat sy einde Augustus 2016 om vroeë aftrede weens swak gesondheid aansoek gedoen het.

Sy het paniekaanvalle en nagmerries gekry waarin sy die klank van stewels en sleutels gehoor het, soos toe sy voorheen aangehou is. Selfs net die klank van ’n motor se toeter het haar angsaanvalle gegee.

“Ek het nie besef daardie herinneringe sal weer oopgekrap word deur mense wat hulself kamerade noem nie.”

Muthambi het haar gedemoveer en sy moes R35 000 van haar salaris terugbetaal.

Williams het getuig sy is in 1988 in Soweto aangekeer en in Piet Retief gemartel omdat sy nie haar ANC-kamerade wou verraai nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.