Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-amptenare vas wat glo DA-raadslid wou omkoop

Drie senior ANC-beamptes in die Abaqulusi -plaaslike munisipaliteit (Vryheid) in KwaZulu-Natal is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle ’n DA-raadslid R20 000 omkoopgeld en ’n werk aangebied het.

Die drie beamptes sou gister in die landdroshof in Vryheid, KwaZulu-Natal verskyn.

Hulle is aangekeer nadat die raadslid die Valke verwittig en dié ’n lokval vir hulle gestel het.

Die drie het die DA-raadslid ontmoet en na bewering R20 000 in kontant betaal, terwyl die Valke die hele transaksie gemonitor het.

Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die valke in KwaZulu-Natal het bevestig dat die ondersoekeenheid inligting ontvang het oor “die korrupte bedrywighede wat met die omkopery verband hou”.

Mhlongo kon nie meer inligting verstrek nie omdat die saak nog “in ’n sensitiewe stadium” is.

Zwakele Mncwango, leier van die DA in KwaZulu-Natal.Foto: JABULANI LANGA

Zwakele Mncwango, leier van die DA in KwaZulu-Natal het die raadslid wat die fluitjie geblaas het geloof. Hy sê die raadslid het senior partylede verwittig wat besluit het om die owerhede te betrek.

“Dit was R20 000 kontant. Hulle het ook aan die raadslid ’n werk aangebied sou dié deur die DA afgedank word.”

Mncwango sê dit sou nie genoeg wees om bloot die omkooppoging te verontagsaam nie.

“Die raadslid kon bloot ‘nee’ gesê en weggestap het. Maar die individue sou bloot iemand anders omkoop. Ons het ’n einde daaraan gebring.”

Hy het die Valke geprys vir hul “goeie werk”.

“Hulle was baie professioneel en kalm. Ek moet ook die raadslid prys. In dié dae is die versoeking baie groot, maar die gemeenskapsleier het die regte ding gedoen,” het hy van die raadslid, wie se naam nie genoem is nie, gesê.

Nomagugu Simelane-Zulu, woordvoerder van die ANC in KwaZulu-Natal het die voorval as “ongelukkig” beskryf.

“Ons hert in die stadium nie baie besonderhede, maar ons probeer vasstel wat gebeur het. Ons steun egter die oppergesag van die reg. Hierdie is beweringe en hulle is nog in ’n baie vroeë stadium,” het Simelane-Zulu gesê.

Meer oor:  Omkopery  |  Da  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.