Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC bekyk ‘lede se hulp aan kleiner partye’

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sal na verwagting op sy vergadering aan die einde van September inhaal met sy ondersoek na beweringe rondom hulp met die stigting van kleiner politieke partye.

Die ondersoek, wat in Junie aangekondig is, het vasgehaak nadat oudpres. Kgalema Motlanthe weens ander verpligtinge nie die ondersoekspan wou lei nie.

Die ondersoek moes binne 60 dae afgehandel gewees het.

Netwerk24 het verneem dat die ANC-strydros Frank Chikane gevra is om Motlanthe te vervang, maar dat ook hy dit van die hand gewys het weens buitelandse verpligtinge.

’n Derde naam wat die ondersoek sal aanpak saam met Frene Ginwala, oud-speaker van die Nasionale Vergadering, en adv. Fezeka Magano, sal op Sondag 29 September voorgestel word wanneer die NUK sy twee dae lange vergadering hou.

Die ondersoek is gelas ná beweringe deur Buyisile Ngqulwana, ’n voormalige lid van die nuwe politieke party African Transformation Movement (ATM), dat Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, ’n rol gespeel het in die stigting van die ATM.

Magashule het ’n lastereis van R500 000 in die hooggeregshof in Bloemfontein ingestel teen Ngqulwana oor dié beweringe.

“Die lasterlike verklarings van Ngqulwana het die indruk geskep dat ek my party verraai het en nie vertrou kan word nie. Dit skep die indruk dat ek ’n organisasie waarvoor ek die afgelope 40 jaar in diens was, verraai het,” voer Magashule in hofstukke aan.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het Maandag gesê dat die NUK-vergadering aan die einde van September die agterstand met die ondersoek sal probeer inhaal.

Mabe het uit sy pad gegaan om te verduidelik dat die ondersoek nie as sodanig oor Magashule gaan nie, maar oor enige lid van die ANC se NUK wat ’n hand gehad het in die stigting van kleiner politieke partye wat teen die ANC gestaan het.

“Hierdie ondersoek is nooit ontwerp vir die sekretaris-generaal van die ANC nie. Die ondersoek het niks met hom te doen nie,” het Mabe gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.