Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC besig met besluit oor appèl vir KZN

Die ANC se topses, onder leiding van Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, vergader Vrydag by Luthuli-huis waar hulle moet besluit of hul gaan appelleer teen ’n hofbeslissing Dinsdag dat die KwaZulu-Natalse ANC se verkiesingskonferensie in 2015 ongeldig is.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC.Foto: Lisa Hnatowicz

Dié vergadering is na berig word teruggehou in afwagting van die uitspraak in die hooggeregshof in Mahikeng.

Die ANC is Donderdag terug in die hof in twee provinsies waar die onderskeie takke beweer het daar is ongerymdhede, in die aanloop tot die party se verkiesingskonferensie in Desember.

In die Noordwes het die party die hooggeregshof in Mahikeng gevra om ’n interdik in Augustus deur die Bojanala-streek in Noordwes om die streek se verkiesingskonferensie te keer, om te keer. Die hof het die aansoek Donderdag toegestaan.

Die Bojanala-streek het aangevoer minstens 40 van die takke was nie ooreenkomstig die party se grondwet geloods nie.

As die hof nié die interdik tersyde gestel het nie, sou dit beteken minstens 200 lede van die streek sou nie in Desember by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie vir nuwe leierskap kon stem nie.

* Die Oos-Kaap se grootste streek, OR Tambo, is ook hof toe om die uitslag van hul streek se verkiesingskonferensie ongeldig te laat verklaar. Dit veroorsaak ’n verdere vertraging in die provinsiale verkiesingskonferensie, wat al drie keer uitgestel moes word. – News24

Meer oor:  Gwede Mantashe  |  Anc  |  Kwazulu-Natal  |  Verkiesing  |  Konferensie  |  Besluit  |  Appelleer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.