Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC: Brown, Eskom moet Molefe se aanstelling herroep
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings.Foto: Argief

Die ANC het Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, en die Eskom-raad opdrag gegee om Brian Molefe se aanstelling as uitvoerende hoof te herroep.

“Ons het met Brown vergader en almal teenwoordig het ingestem dat Molefe herroep moet word,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Brown is Maandag versoek om ’n vergadering saam met die ANC-leierskorps by Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, by te woon.

Mantashe sê die party het gewaarsku dat die saak moontlik in die hof kan draai.

Die DA het Maandag die hooggeregshof in Pretoria genader om Molefe se heraanstelling onwettig te laat verklaar.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het vroeër gesê die kwessie is na die regering verwys om op te los nadat ANC-amptenare hul ontevredenheid oor Brown se besluit uitgespreek het.

Ons het met Brown vergader en almal teenwoordig het ingestem dat Molefe herroep moet word.
Gwede Mantashe, ANC sekretaris-generaal

Mantashe het gesê ANN7 “praat nonsens” toe dié TV-nuusdiens berig het die verklaring wat die party Vrydag uitgereik het nie deur die relevante partye goedgekeur is nie.

Die party het gesê die Eskom-raad se besluit was “roekeloos” en “betreurenswaardig”.

ANN7, wat aan die Gupta-familie behoort, het onbekende bronne aangehaal en berig dat adj.pres. Cyril Ramaphosa ontsteld is oor die Molefe-kwessie.

“Daar is ook genoem dat amptenare Kodwa se stelling dat dit na die regering verwys moet word, bevraagteken omdat Molefe se aanstelling ’n staatskwessie is,” het die uitsaaier gesê.

Kodwa het vroeër getwiet: “Ek voel jou pyn op die oomblik; jy sal nooit die ANC deur leuens en verraad kaap nie.”

Molefe se terugkeer na Eskom, ná ’n kort loopbaan as ANC-LP, is Vrydag aangekondig.

Daar was sprake dat pres. Jacob Zuma vir Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, met Molefe wou vervang. Malusi Gigaba is toe as die nuwe minister van finansies aangestel.

Molefe het vroeër by Eskom bedank nadat hy in adv. Thuli Mandonsela, voormalige openbare beskermer (OB), se staatskapingverslag genoem is. Die verslag het die Gupta-familie se invloed op uitvoerende besluite en in staatsondernemings ondersoek.

Brown het vroeër die direksie se besluit geveto om ’n pensioenuitbetaling van R30 miljoen aan Molefe te doen. – News24

Meer oor:  Lynne Brown  |  Anc  |  Eskom  |  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.