Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC, Cyril bal vuis teen Ace met regspan

Pres. Cyril Ramaphosa en die ANC het ’n swaargewig-regspan aangestel om Ace Magashule se dringende hofaansoek teen te staan waarin hy vra dat sy tydelike skorsing tersyde gestel word. Die span sluit adv. Wim Trengove SC in.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het dit Maandagmiddag bekend gemaak kort nadat Magashule vroeër weer teen sy skorsing uitgevaar het tydens oudpres. Jacob Zuma se korrupsiesaak in Pietermaritzburg.

Volgens Mabe het Ramaphosa, wat tans in Frankryk is, en die ANC se topsesleiers Maandag die Magashule-hofaansoek bespreek. Hy het bevestig hulle sal dit teenstaan.

“Die ANC het Ledwaba Attorneys as opdraggewende prokureur aangestel, wat deur adv. Wim Trengove SC, adv. Ngwako Maenetje SC, adv. Fana Nalane SC en adv. Buhle Lekokotla bygestaan sal word.”

• Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Cyril Ramaphosa  |  Anc  |  Regspan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.