Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC dien klag van bedrog teen JP Smith in

Die ANC het by die Sentraal-polisiekantoor ’n klag van bedrog ingedien teen JP Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid.

In die ondersteunende beëdigde verklaring deur Cameron Dugmore, leier van die ANC in die Wes-Kaapse wetgewer, en Xolani Sotashe, leier van die ANC in die Kaapstad-metroraad, beweer hulle dat Smith bedrog gepleeg het deurdat hy “doelbewus en onwettig” ’n CV aangestuur het waarin aangedui word dat hy ’n honneursgraad in Engels aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf het.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JULY 08: ANC Cameron Dug
Cameron Dugmore Foto: Gallo Images

Dugmore het Maandagaand bevestig die klag is ingedien en die polisie se eenheid vir handelsmisdaad gaan ’n ondersoekbeampte aanwys om dit te ondersoek.

Volgens die ANC het Smith by twee geleenthede bedrog gepleeg, die eerste op sy CV toe hy in 2017 vir ’n leierskapsposisie binne die DA in die provinsie gestaan het en die tweede keer toe sy CV in 2019 aan die organiseerders van ’n konferensie gestuur is.

Dugmore het Maandag in die Sentraal-polisiekantoor aangevoer dat die DA twee stelle reëls vir wit en swart lede van die party het.

Hy wou weet “waarom Smith anders behandel word” as Bonginkosi Madikizela, wat einde April as LUR en provinsiale DA-leier bedank het nadat daar aantygings was dat hy oneerlik oor sy kwalifikasies was.

Dugmore het gesê daar is rassisme in die DA en ook groot tweespalt binne die DA in Kaapstad.

Volgens die ANC het Smith in die openbaar aangevoer dat dit ’n administratiewe fout was, maar dat hy niks daaraan gedoen het om dit reg te stel nie. Die ANC meen hy het die Kaapstad-metroraad deur sy optrede benadeel en wil hê dat die polisie ’n klag van bedrog teen hom ondersoek.

JP Smith Foto: Jaco Marais

Smith het by navraag gesê hy hou by sy vorige verklaring dat die opposisiepartye baie kleinlik is en net die hele storie probeer uitrek.

Hy het gesê hy het ’n regsmening ingewin en hou vol dat hy geen misdaad gepleeg het nie.

Volgens hom mag enigiemand klagte indien, maar daar is ook nagevolge wanneer skadelike verklarings gemaak word.

Smith het weer gesê ’n administratiewe fout het ingesluip toe ’n administratiewe beampte sy CV verwerk het en die deel agter die graad uitgehaal het waarin genoem word dit is nie voltooi nie. Dit is reggestel en sy korrekte CV is daarna uitgestuur, maar die een waarin die fout gemaak is, is ook by geleentheid deur die amptenaar aangestuur.

Smith het gesê sy CV op die metroraad se webblad is korrek en die korrekte een is ook aangestuur toe hy as kandidaat vir ’n leierskapsposisie in die DA gestaan het.

Meer oor:  Cameron Dugmore  |  Bonginkosi Madikizela  |  Jp Smith  |  Anc  |  Bedrog  |  Kwalifikasies  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.