Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC en trein-fiasko: ‘Dis nou in Valke se hande’
Die omstrede Afro4000-lokomotiewe. Foto: Felix Dlangamandla

Dit is nou in die Valke se hande.

Popo Molefe, voorsitter van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), het ’n bom laat bars deur onder eed te verklaar die ANC het geldelik baat gevind by die lokomotief-fiasko, maar sê hy weet nie hoe dinge gaan “uitdraai” nie. Hy gaan dit nou aan die Valke oorlaat.

“Ek wil nie klink asof ek ’n politieke spel speel nie,” het hy aan Rapport gesê.

Hy het Vrydag ’n beëdigde verklaring by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien waarin hy sê Swifambo, Prasa se verskaffer van die Afro4000-lokomotiewe, het sowat R80 miljoen betaal aan “instellings wat nie krediteure van die maatskappy was nie”.

Die “instellings” is Similex, ’n maatskappy wat behoort aan Maria ­Gomes, ’n vriendin van pres. ­Jacob Zuma, asook die prokureursfirma van George Sabelo, ’n sakevennoot van ­Zuma se seun Edward.

Die ANC het Vrydag gesê hy weet nie van enige betalings nie.

Geen bewyse is by die hof ingedien dat die ANC wel betalings ontvang het nie, maar ­Molefe sê Prasa is op vergaderings met Auswell Mashaba, besturende direkteur van Swifambo, ingelig dat Gomes hom (Mashaba) gevra het vir geld vir “die beweging”.

Luidens Molefe se verklaring is dié betalings “verdoesel” deur onder meer belasting in Prasa se boeke verkeerd te bereken en onnodige konsultasiegelde.

Die hofsaak waarvoor Molefe ’n verklaring afgelê het, is deel van ’n aansoek deur Prasa om die tender van R3,5 miljard vir die lokomotiewe tersyde te stel.

Meer oor:  Popo Molefe  |  Anc  |  Prasa  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.