Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC gaan ingryp by ‘chaos in Metsimaholo’

Die ANC kyk wat hy kan doen om sake reg te ruk by die wanfunksionele Metsimaholo-munisipaliteit waar daar nou drie munisipale bestuurders is, terwyl die chaos daar eenvoudig voortduur.

Thabo Meeko, LPW in die Vrystaat en woordvoerder van die party in die provinsie, en Paseka Nompondo, sekretaris van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die ANC, op die nuuskonferensie Woensdag. Foto: Mlungisi Louw

Dié bestuurders vir die munisipaliteit (Sasolburg, Deneysville en Oranjeville) is professionele mense en behoort nie tot die ANC nie, sê Paseka Nompondo, Vrystaatse sekretaris van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK).

Hy het Woensdag gepraat op ’n nuuskonferensie ná die ANC se beraad Sondag en Maandag in Thaba Nchu, en gesê alles wat by Metsimaholo verkeerd loop, is nie die ANC se skuld nie.

Daar is ’n koalisiestadsraad aan die bewind wat ontbind moet word. “Dit is baie moeilik met ’n koalisieraad, want elke party wil sy sin hê.”

Nompondo het gewys op grondgrype wat in dié munisipale gebied plaasvind en gesê dit kan nie geduld word nie.

Die Vrystaatse provinsiale regering sal moet ingryp daar.

Zolile Lobe, woordvoerder van die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), het die situasie rondom die drie munisipale bestuurders probeer verduidelik en gesê dit is nie heeltemal waar dat daar drie bestuurders is nie.

Steven Molala, oorspronklike munisipale bestuurder van Metsimaholo, is “twee jaar gelede voorwaardelik geskors en is steeds geskors” omdat die raad nie tevrede was met sy werk nie. “Daarna het senior bestuurders van Metsimaholo op ’n grondslag van drie maande in sy pos waargeneem.

“Op 21 Oktober 2018 is Sello Mokoena as waarnemende munisipale bestuurder aangestel. Hy sou dié pos vir drie maande beklee of aanbly totdat die provinsie iemand anders stuur, watter een ook al eerste kom.”

Die departement van samewerkende regering het toe vir Teboho Manele, ’n direkteur van die departement, gestuur “om te gaan waarneem”.

Daarna het Mokoena op 30 Januarie in die hooggeregshof in Bloemfontein ’n aansoek gebring dat hy in die pos van waarnemende munisipale bestuurder moet aanbly, maar sy aansoek is die volgende dag met koste van die hand gewys.

Intussen sê Nompondo “daar is geen twyfel nie dat die geskorste Molala eintlik nog die munisipale bestuurder is”.

“Soos die Afrikaners sal sê is dinge ‘maar deurmekaar’ daar by die munisipaliteit,” sê Nompondo.

Armand Cloete, VF-Plus-lid van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) in die Vrystaat, stem saam dat dit ’n deurmekaarspul is, maar hy sê dit is die ANC se skuld.

Daar is faksiegevegte in die ANC en die belange van die onderskeie faksies word beskerm. “Munisipale bestuurders is gewoonlik ook ANC-lojaliste.”

Soos die Afrikaners sal sê is dinge ‘maar deurmekaar’ daar by die munisipaliteit.

Dit maak die lewer van munisipale dienste baie moeilik, sê hy en voeg by dit is ’n werklikheid by die ANC wat hulle nie wil erken nie. En die inwoners word sleg benadeel daardeur.

Solank die ANC nie kan onderskei tussen verkose lede en die amptenary nie, sal niks verbeter in Metsimaholo of enige ander Vrystaatse munisipaliteit nie, sê hy.

Leona Kleynhans, DA-lid van die wetgewer wat in die portefeuljekomitee vir Cogta dien, sê ook faksiegevegte in die ANC veroorsaak die grootste probleme in Metsimaholo.

Raadslede wil ’n vergadering reël oor onder meer die kwessie van die munisipale bestuurder, maar die speaker weier om dit te doen.

Sy meen dit is waarom daar nou die een aanstelling ná die ander is in die pos van waarnemende munisipale bestuurder.

Daarby wil Thembeni (Skully) Nxangisa, Vrystaatse LUR vir Cogta, ook nog sy kandidaat as munisipale bestuurder aanstel, sê sy.

Meer oor:  Anc  |  Metsimaholo  |  Munisipaliteit  |  Chaos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.