Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC gooi kiesers soos gebruikte kondoom weg, sê Malema
Julius Malema, EFF-leier, spreek ondersteuners en lede van die media buite die landdroshof in Bloemfontein toe. Foto: Mlungisi Louw

Die ANC het Suid-Afrikaners net gebruik om die verkiesing te wen en nou gooi die party sy ondersteuners soos ’n gebruikte kondoom weg, het Julius Malema, leier van die EFF, Vrydagoggend net ná sy hofverskyning in die landdroshof in Bloemfontein gesê.

Die staat word regeer deur oneerlike mense wat nie hul beloftes nakom nie, het Malema gesê.

“(Cyril) Ramaphosa skrik wakker, jou bleddie gek. Hou op droom. Dit is tyd om op te tree,” het Malema onder groot gelag buite die hof gesê nadat sy haatspraakverhoor tot 8 November uitgestel is.

’n Skare ondersteuners het buite die hof gewag om Julius Malema te sien. Foto: Mlungisi Louw

Die saak spruit daaruit dat hy EFF-lede in 2014 op die party se verkiesingskongres in Bloemfontein glo

aangemoedig het om grond onwettig te beset.

Malema het Vrydag gesê oudpres. Nelson Mandela en talle vryheidsvegters het oor Suid-Afrika gedroom.

Julius Malema Vrydag aan die woord. Foto: Mlungisi Louw

“In 1994 is die droom bewaarheid. Ons kan nie meer net droom nie. Ons is nou wakker en moet iets begin doen,” het hy van ’n verhoog op ’n groot vragmotor in die straat voor honderde van sy ondersteuners gesê.

Malema sê ’n president wat praat van drome is glad nie ’n president wat die land kan beheer nie. Hy het nie die politieke wil om die land te verander nie.

Julius Malema in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Ramaphosa het vroeër die week ’n onaangekondigde besoek aan ’n kafee in Kaapstad gebring om vis en skyfies te koop, maar sien nie sy weg oop om onverwags staatsinstellings besoek nie. “Hoekom kan hy nie staatshospitale besoek waar bejaardes op die vloer moet slaap omdat daar nie beddens beskikbaar is nie?”

Malema het gesê Ramaphosa wil “die mense se president” genoem word, maar weet nie wat in skole aangaan nie.

Julius Malema met sy verskyning in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

“Waar is jy, mnr. die President, wanneer onderwysers deur leerlinge aangerand word en skoolkinders mekaar doodmaak?”

Ramaphosa het twee miljoen poste oor die volgende tien jaar beloof. “Daar is nege miljoen werkloses. Dit beteken sewe miljoen mense gaan steeds werkloos wees.”

Talle lede van die media was Vrydag in die landdroshof toe Julius Malema verskyn het.Foto: Mlungisi Louw

Die EFF se werk is nie om verkiesings te wen nie, maar om die gees van die Afrikane te bevry.

“Ons is nie bang om tronk toe te gaan nie. Ons is nie bang vir pyn nie. Ons is nie bang om dood te gaan nie. Ons is hier om te veg.”

EFF-lede saam met hul leier, Julius Malema, in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: MLUNGISI LOUW
Julius Malema glimlag vir die media terwyl hy in die landdroshof staan. Foto: Mlungisi Louw
Julius Malema spreek sy ondersteuners buite die landdroshof toe. Foto: Mlungisi Louw

Meer oor:  Julius Malema  |  Staatsrede 2019  |  Kiesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.