Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC het historiese perspektief verloor – Motlanthe
Oudpres. Kgalema Mothlanthe Foto: Dudu Zitha

Oudpres. Kgalema Motlanthe het hom skerp uitgespreek teen die huidige stand van die ANC en gesê die regerende party loop gevaar om homself te vernietig.

Mothlanthe, wat kortstondig die leisels geneem het nadat oudpres. Thabo Mbeki die deur gewys is en pres. Jacob Zuma ingesweer is, meen sake gaan nog verder versleg.

“Dit kan nog tot op ’n punt moontlik wees om die ANC te red,” het hy aan City Press gesê. “Maar dit is ook moontlik dat die ANC homself so erg diskrediteer dat daar niks oor is om te red nie.”

Volgens Motlanthe verloor die ANC toenemend sy vermoë om gewone Suid-Afrikaners op voetsoolvlak te verteenwoordig.

Motlanthe sê ANC-leiers in die regering is nie meer rasioneel nie. “In die verlede kon die ANC hom altyd op ’n verhewe argument of standpunt roem. Nou maak hulle net staat op syfers.”

Die ANC, my organisasie, het sy historiese perspektief verloor.
Kgalema Motlanthe

Die regerende party is nou reaktief. “Vir elke klein irritasie gebruik hulle taal wat hoort in die tydperk voor 1994”.

“Die ANC, my organisasie, het sy historiese perspektief verloor.”

Mothlanthe het hom volgens City Press aan die ANC se leierskapstrukture onttrek nadat hy besef het daar word net deels aan die party se beginsels en Grondwet gehoor gegee. “Ek het die kwessies opgehaal, maar niks het gebeur nie.”

Hy het hom ook uitgespreek oor ’n gebrek aan leierskap in die land. “Dis asof die land op stuuroutomaat loop.”

Meer oor:  Kgalema Motlanthe  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.