Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC het jou pensioen in die visier

Suid-Afrikaners se pensioenfondse is in die ANC se visier en die regerende party sal dalk in die toekoms aan plaaslike batebestuurders van dié fondse kan voorskryf hoe hulle hul geld moet belê.

Lesetja Kganyago
Lesetja Kganyago

Dit is glo om geld te kry vir “maatskaplik produktiewe beleggings (soos behuising, infrastruktuur vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en township-ekonomieë) en werkskepping”.

Peter Attard Montalto, ’n ekonoom van Intellidex, het Sondag in reaksie op die ANC se verkiesingsmanifes gesê die item hieroor in die manifes sal batebestuurders van die fondse regop laat sit. Nog iets in die verkiesingsmanifes wat die plaaslike batebestuursbedryf sal laat regop sit is dat die ANC wil voorskryf waar groot beleggers soos batebestuurders en pensioenfondse hul geld moet belê.

Pres. Cyril Ramaphosa het die manifes Saterdag in die Moses Mabhida-stadion in Durban bekend gemaak.

Montalto wys daarop dat die voorstelle ooreenstem met wat al op die ANC se nasionale konferensie in Desember 2017 by Nasrec besluit is, maar dit word in die verkiesingsmanifes vir die eerste keer uitgestippel.

Montalto verwag die kwessie sal lei tot ’n debat oor dwang op batebestuurders en banke om geld aan staatsondernemings soos Eskom of SAL te leen om hulle aan die lewe te hou.

Alf Lees, die DA se woordvoerder oor finansies, meen om aan batebestuurders voor te skryf waar hulle hul geld moet belê, is presies waartoe die apartheidsregering hom uit desperaatheid gewend het toe hy nie meer kapitaal in die internasionale markte kon kry nie.

“Pleks van om nuwe inisiatiewe aan te kondig om ekonomiese groei en werkskepping te stimuleer, het die ANC besluit om bloot gewone Suid-Afrikaners se spaargeld te ‘onteien’ om staatsondernemings soos SAL en Eskom te red,” meen hy.

Pleks van om nuwe inisiatiewe aan te kondig om ekonomiese groei en werkskepping te stimuleer, het die ANC besluit om bloot gewone Suid-Afrikaners se spaargeld te ‘onteien’ om staatsondernemings soos SAL en Eskom te red

Nog ’n uitvloeisel van die manifes is dat spanning opnuut kan oplaai tussen die ANC-regering en die Suid-Afrikaanse Reserwebank, aangesien die ANC hom eksplisiet uitdruk ten gunstevan ’n “buigsame monetêre beleid wat inpas by die doelwitte van die tweede fase van oorgang”.

Dit verwys volgens Montalto na die ANC se “nasionale demokratiese revolusie”, en na die debat in die ANC dat die Reserwebank meer doelgerig inmeng in die ekonomie om werkskepping te bevorder.

Montalto glo nie ’n verandering in die Reserwebank se mandaat is te verwagte onder die bank se huidige leierskorps en met Tito Mboweni as minister van finansies nie, maar die verkiesingsmanifes impliseer dat die ANC die bank se mandaat wel later sal wil verander.

Die ANC stel die Reserwebank volgens Montalto nou ook bloot aan kritiek omdat dat hy teen die “tweede fase van oorgang” sou wees as hy rentekoerse verhoog.

“ ’n Onafhanklike instelling behoort nie in so ’n posisie geplaas te word deur ’n politieke maatstaf vir beoordeling neer te lê nie. Dit kompliseer die debat oor nasionalisering waarteen die Reserwebank veg,” meen Montalto.

Dit kompliseer die debat oor nasionalisering waarteen die Reserwebank veg.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het al herhaaldelik gesê die bank moet onafhanklik bly om sy werk te doen nadat die ANC op sy beleidskonferensie in Desember 2017 gesê het die bank moet genasionaliseer word, en te midde van die openbare beskermer se ondersoek na die bank en aanbeveling dat sy mandaat verander word.

Die Reserwebank se mandaat is om die waarde van die rand te beskerm tot voordeel van ’n stabiele ekonomie, maar sekere faksies in die ANC wil hê die bank moet ekstra moeite doen om te help werk skep.

Lees het in ’n verklaring gesê hy gaan Mboweni meer besonderhede vra van die ANC-verkiesingsmanifes se uitsprake oor die verandering van die Reserwebank se mandaat.

Hy verwag as die verkiesingsmanifes se voorstelle werklikheid word, sal dit buitelandse beleggers ontmoedig en tot verdere kredietafgraderings deur internasionale kredietgraderingsagentskappe lei.

Meer oor:  Verkiesingsmanifes  |  Anc  |  Pensioenfondse  |  Batebestuurders  |  Anc-Manifes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.