Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC het nie behoorlike beleid oor teistering

Die ANC het Dinsdag toegegee dat hy nie ’n behoorlike beleid het vir werknemers wat klaers is in sake wat met seksuele wandade verband hou nie.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het ’n media-inligtingsessie in Johannesburg gehou nadat die party versoeke van Zizi Kodwa en Pule Mabe aanvaar het om van hul verpligtinge as woordvoerders onthef te word weens afsonderlike bewerings van seksuele teistering teen hulle.

Die ANC het 90 dae tyd om beleid oor seksuele teistering in te stel ná bevindinge van ’n griewekomitee wat gekyk het na die bewerings van seksuele wandade teen Mabe.

Die beleid wat geformuleer word, sal groter duidelikheid bied oor die werkverhouding tussen werknemers en hul hoofde sê Magashule.

“Ons het nog nie ’n behoorlike beleid oor seksuele teistering nie. Ons wil dit aan verskeie mense voorlê, selfs spesialis-regslui, sodat ons seker is alle aspekte is ingesluit.”

Ons het nog nie ’n behoorlike beleid oor seksuele teistering nie. Ons wil dit aan verskeie mense voorlê, selfs spesialis-regslui, sodat ons seker is alle aspekte is ingesluit.

Kodwa is van sy pligte onthef nadat dit die naweek aan die lig gekom het dat hy na bewering ’n jong vrou by ’n private geselligheid in April 2018 verkrag het. Mabe is vrygespreek na ’n interne ondersoek nadat sy persoonlike assistent hom van seksuele wandade beskuldig het.

Hy het egter steeds aangebied om van sy pligte onthef te word nadat die klaagster aangedui het dat sy verdere stappe teen hom gaan oorweeg.

Die ANC het hul versoeke aanvaar om van hul pligte onthef te word.

Dit maak ’n mens “neerslagtig” dat die ANC nog nooit daaraan gedink het om beleid te kry oor seksuele teistering nie, sê Mbuyiselo Botha, medestigter van die die Suid-Afrikaanse kommissie vir geslagsgelykheid.

“Dit laat dit voorkom asof die ANC nog nooit kwessies oor vroue en hul liggaam ernstig opgeneem het nie.”

Meer oor:  Anc  |  Zizi Kodwa  |  Pule Mabe  |  Ace Magashule  |  Johannesburg  |  Teistering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.