Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC hoop SAL se probleme ‘gou verby’

Te midde van groeiende kommer oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), hoop die ANC dat die probleme gou uitgestryk kan word, sê Pule Mabe, ’n woordvoerder van die ANC.

“Ons hoop die betrokkenes kan om ’n tafel gaan sit en blywende oplossings kry,” sê Mabe.

Pravin Gordhan, die minister van finansies, het glo Vrydag gesê die regering het ’n streng benadering tot die mislukkende SAL.

Hy het op ’n konferensie in New York gesê “as moeilike besluite geneem moet word, sal ons dit neem”. Hy het ook gewaarsku hoe langer die vakbonde vassteek, hoe groter raak die gevaar vir die voortbestaan van die SAL.

Richard Mantu, Gordhan se woordvoerder, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Die AMC se alliansievennote, die SAKP en Cosatu, is nie oortuig van die poging om vennote uit die private sektor te soek vir dié sukkelende staatsbeheerde onderneming nie.

Cosatu meen private beleggers kan genooi word om aandele te koop, maar sulke beleggers mag nie meer as 49% van die SAL besit nie, volgens Size Pamla, die verbond se woordvoerder.

Die SAKP het in ’n verklaring gesê dit lyk of die nasionale lugdiens die staking meer nodig het as die werkers en het ’n beroep gedoen op die bestuur om openlik te wees oor die koste en hoe dit die lewensvatbaarheid van die lugdiens raak.

Meer oor:  Sal-Staking  |  Sal  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.