Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC ‘hou hom blind vir hoe ideologie Vrystaat verwoes’
Dévar SmitFoto: Argiewe

Suid-Afrika beleef tans ’n ongekende ekonomiese krisis weens die wanbestuur en vergrype van die ANC-regering.

En in 2021, aan die vooraand van die nuwe finansiële jaar, is die Vrystaat se finansiële prentjie donkerder as ooit tevore.

Só het Dévar Smit, VF Plus-wetgewerlid, in ’n mediaverklaring gesê oor die provinsie se begroting wat Donderdag in Zastron onder die loep geneem is.

Hy sê die Vrystaatse ANC sit agteroor en hou hom blind vir die verwoesting wat weens sy party-ideologie ontvou.

“Werkloosheid in die Vrystaat is voortdurend aan die styg, dienste aan inwoners het in die meeste dorpe tot 'n totale stilstand gekom en munisipaliteite stort al hoe vinniger in duie. Die paaie in die Vrystaat is lewensgevaarlik weens slaggate en het reeds talle mense se dood veroorsaak.”

Smit het gesê die Vrystaat het ’n las geword vir ’n reeds sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie.

“Verskeie ANC-LUR’e in die provinsie het hul misnoeë uitgespreek oor die besnoeiing aan hul departemente in vanjaar se begroting. Dit is wel onverskoonbaar dat die departement van behuising meer as R100 miljoen se voorwaardelike toekennings weens onderbesteding verloor.

“Die Vrystaat se koffers is leeg en departemente se geld moet behoorlik bestuur word.”

Smit het gesê die VF Plus eis dat departemente wat groter toedelings in die komende boekjaar ontvang, moet presteer, dienste lewer en geen verskonings maak vir die versuim om hul mandaat uit te voer nie.

Meer oor:  Zastron  |  Korrupsie  |  Anc  |  Verwoesting  |  Vrystaatse Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.