Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC in VS-wetgewer ‘skuil agter verskonings’

Die VF Plus sê die ANC in die Vrystaatse wetgewer skuil agter verskonings vir sy eie tekortkomings.

Tammy Wessels, VF Plus-LPW, het in haar toespraak in die begrotingsdebat oor landbou gesê die ANC-regering is verantwoordelik vir die miljarde rande wat weens mislukte landbouprojekte en korrupsie in hierdie verband, verlore is – nie die boere wat onder moeilike omstandighede voedsel vir die land produseer en werk skep nie.

ANC-LPW’s het Donderdag in die debat na wit onderdrukkers, boere wat grond van swart mense gesteel het en witmonopoliekapitaal verwys as redes vir die regerende party se tekortkomings.

Tammy Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer. Foto: Netwerk 24

Wessels het hierop gereageer en gesê dit mag nooit weer toegelaat word dat implementeringsagente van landbou-ontwikkelingsprojekte hulself verryk en dat projekte nie tot voordeel van die gemeenskap is nie. Volgens Wessels is die meeste van die ontwikkelingsprojekte, soos die omstrede Vrede-suiwelprojek net ’n vorm van geldwassery en ’n manier om geld van die staat te steel.

“Die regerende party is nie in staat om sy verkiesingsbeloftes na te kom nie en nou word boere gebruik as verskoning vir die talle mislukkings,” het Wessels luidens ’n mediaverklaring aangevoer.

Wessels sê boere kry die skuld vir die ANC-regering se onvermoë om behoorlike behuising vir die mense van die Vrystaat te verskaf, vir die vertraging in die oordrag van sowat 16 000 titelaktes en vir landbougrond wat deur grondhervormingsprojekte aangekoop is en nie aan nuwe eienaars oorgedra is nie.

Die regering kan nie sy beloftes nakom nie weens korrupsie, ’n gebrek aan vaardighede, behoorlike bestuur en ’n gebrek aan ’n verantwoordelikheidsin, sê sy.

Wessels sê die ANC het ook geen melding daarvan gemaak dat die staat die meeste grond in Suid-Afrika besit nie. Die ANC ignoreer die feit dat sowat 96% van die begunstigdes van grondeise verkies het om die geld eerder as die grond te ontvang.

“Die regerende party beloof onteiening sonder vergoeding om hul volgelinge te paai en hul aandag af te lei van die feit dat die ANC slegs homself en sy kaders oor die afgelope 24 jaar verryk het,” het Wessels aangevoer.

Sy sê die departement van landbou se sleutelrol is om kommersiële boere te ondersteun ten einde die Vrystaat se status as kosmandjie van die land te herstel.

Wessels sê landbou in die Vrystaat mag nie bedreig word deur onverantwoordelike en ondeurdagte uitsprake vir goedkoop politieke punte nie.

Sy het in haar toespraak ook gesê opkomende boere ontvang nie die nodige ondersteuning van die staat nie. Hulle ontvang grond van die staat maar nie die titelaktes nie. Dit beteken hulle kan nie finansiering vir hul boerderye bekom nie. Dít veroorsaak dat baie opkomende boere misluk.

Kommersiële én opkomende boere verrig ’n broodnodige funksie om voedsel vir die mense van Suid-Afrika te produseer. “Verantwoordelike leierskap is nodig om boere te versterk, beskerm en ondersteun,” sê Wessels.

Meer oor:  Tammy Wessels  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.