Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-jeugliga tevrede met besluit oor woordvoerders

Die ANC-jeugliga sê dis ’n stap in die regte rigting deur die ANC-leierskap wat sy twee woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe van hul amp onthef het.

Dit volg nadat hulle van seksuele wangedrag beskuldig is.

Njabulo Nzuza, leier van die ANC-jeugliga. Foto: Thapelo Maphakela

Die ANC het Dinsdagoggend bevestig dat Kodwa as woordvoerder uit sy amp verwyder is, terwyl strafregtelike klagte teen Mabe aanhangig gemaak is. Die party het ook gesê dat Mabe as woordvoerder uit sy amp verwyder is. Dakota Legoete sal intussen as ANC-woordvoerder optree.

Njabulo Nzuzu, leier van die jeugliga, sê hulle glo dat die besluite van die party toegepas moet word en dat daar deurentyd konsekwentheid moet wees.

“Daar moet deursigtigheid wees in hoe die party hierdie soort bewerings hanteer. Die ANC moet gesien word dat hy die regte ding doen. Daar is vroeër gesê wie ook al betrek word, moet opsy staan, en dis wat hier gebeur.”

Nzuzu sê hulle glo dat dieselfde reëls vir almal in die party moet geld.

“Ons is geskok oor die bewerings teen Zizi Kodwa.

Dit stel regtig die ANC in ’n baie slegte lig.”

Hy sê toe die VBS Bank-kwessie opgeduik het, was daar baie lede wat gevra is om opsy te staan omdat dit nie goed was vir die beeld van die party nie.

“Dieselfde geld vir Pule, wat nie eens gewag het nie en op sy eie opsy gestaan het.”

Mabe se 26-jarige persoonlike assistent het hom van seksuele teistering aangekla. Die vrou, ’n lid van die jeugliga, beweer Mabe wou seks met haar hê in ruil daarvoor dat sy ’n pos kry.

Kodwa is Sondag van verkragting beskuldig, maar het die beweringe teen hom ontken en gesê dis ’n klap in die gesig van vroue dat hy van verkragting beskuldig word.

Hy word daarvan beskuldig dat hy ’n vrou in April op ’n private geselligheid verkrag het, maar voer aan dat dit ’n smeerveldtog teen hom is om “eng, partypolitieke doelwitte” te bereik.

Die vrou het ’n klag by die kantoor van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, ingedien en is deur die party aangesê om eers die polisie te nader voordat die ANC die kwessie ondersoek.

Die ANC het Sondag gesê hy is nie ’n polisiekantoor óf hof nie en kan daarom nie die bewerings teen Kodwa ondersoek nie.

Mabe is reeds in 2018 van seksuele wangedrag beskuldig, waarna die ANC met ’n interne ondersoek begin het wat hy beoog het om vroeg in 2019 af te handel.

Mabe se 26-jarige persoonlike assistent het hom van seksuele teistering aangekla. Die vrou, ’n lid van die jeugliga, beweer Mabe wou seks met haar hê in ruil daarvoor dat sy ’n pos kry.

Sy het in November ’n brief met haar griewe aan Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, gestuur.

Meer oor:  Pule Mabe  |  Zizi Ko­Dwa  |  Politiek  |  Anc-Jeugliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.