Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC kan burgers nie meer veilig hou – DA

Die amptelike opposisie in die parlement sê die misdaadstatistieke wat Dinsdagoggend in Kaapstad bekend gemaak is, wys die ANC-regering verloor die stryd om Suid-Afrikaners veilig te hou.

Bheki Cele, minister van polisie, Dinsdagoggend in Kaapstad met die bekendmaking van die misdaadstatistieke. Foto: Jaco Marais

Zakhele Mbhele, die DA se woordvoerder oor polisie, sê terwyl die regering gemiddeld R9,1 miljoen per persoon opdok om hooggeplaastes te beskerm, bestee die polisie gemiddeld net R1 500 per persoon om gewone Suid-Afrikaners te beveilig.

Mbhele sê in ’n verklaring dit wys die regering is meer bekommerd oor die veiligheid van die elite as oor die veiligheid van die gemeenskap.

Hoewel dit belangrik is dat hooggeplaastes beskerm moet word, is dit onaanvaarbaar dat die ANC miljarde rande aan dié beskerming toegeken het. Die geld kon eerder gebruik word om gewonde Suid-Afrikaners veilig te hou.

’n Groot deel van die geld kon eerder gebruik word om ’n professionele en doeltreffende polisiediens daar te stel wat iets aan die misdaadgolf in die land kan doen.

As die DA aan bewind was, sou hy seker gemaak het die polisie het die geld om die nodige toerusting te bekom, en dat sy lede beter opgelei word om misdaad te beveg en seker te maak die mense van Suid-Afrika is veilig in hul gemeenskappe, sê Mbhele.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Zakhele Mbhele  |  Kaapstad  |  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.