Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC kap Niehaus oor Zuma-uitlatings

Mense moet ophou om oudpres. Jacob Zuma se naam en siekte te misbruik om verdeeldheid te saai, sê die ANC.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Son

Die party het Donderdagoggend ’n verklaring uitgereik waarin hy sy kommer hieroor uitspreek.

Luidens die verklaring deur Pule Mabe, die partywoordvoerder, steun die ANC Zuma en wens hom ’n spoedige herstel toe.

“Die ANC het nog nooit enigiemand in of buite die party afgeraai om Zuma tydens sy hofverskynings te ondersteun nie. Dit moet net nie met die werk van die regbank en sy reg tot ’n regverdige regsproses inmeng nie.”

Zuma se bydrae as vryheidsvegter gaan vir altyd deel van ANC-geskiedenis bly, sê Mabe namens die ANC in die verklaring.

“Die ANC neem daarom met kommer kennis van die voortdurende pogings om radikale ekonomiese transformasie in faksies te groepeer en veral die onlangse uitlatings deur Carl Niehaus.”

Die verklaring is uitgereik in reaksie op Niehaus, een van Zuma se grootste ondersteuners, se uitlatings Woensdag op ’n nuuskonferensie in Johannesburg. Hy het onder meer gesê die ANC moet sy kop in skaamte laat sak oor hoe hy Zuma deesdae behandel.

Niehaus werk in die kantoor van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, wat as leiersfiguur van die Zuma-faksie en grootste teenstander van pres. Cyril Ramaphosa in die party beskou word.

Niehaus het verder gesê die nasionale vervolgingsgesag is die “aanvalshonde” van sommige korrupte politieke leiers en “ondersteuners van witmonopoliekapitaal”.

Hy het ook uitgevaar teen regter Dhaya Pillay wat verlede week in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ’n lasbrief vir Zuma se inhegtenisneming uitgereik het. Niehaus het gesê dat Pillay daardeur ’n bespotting van geregtigheid gemaak en die regstelsel by die politiek ingesleep het.

Zuma, wat glo mediese behandeling oorsee ontvang, was Donderdag weer in die nuus toe verwarring geheers het oor of hy die aand se staatsrede sal bywoon of nie.

Dit vereis ’n gees van openlike debat en gesprekvoering oor die probleme, met radikale ekonomiese transformasie wat deel van die oplossings moet wees.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, het Donderdagoggend weer aan eNCA bevestig dat die parlement nog geen antwoord van Zuma gekry het of hy dit wel gaan bywoon nie.

Mabe sê in die verklaring die ANC het sedert sy stigting in 1912 die “onbybelse band” tussen die politiek en ekonomiese bevryding erken.

Volgens hom is die land se ekonomiese krisis egter ’n wekroep vir almal om dit om te keer sodat Suid-Afrika ’n ware nierassige, nieseksistiese en voorspoedige land vir al sy burgers kan wees.

“Dit vereis ’n gees van openlike debat en gesprekvoering oor die probleme, met radikale ekonomiese transformasie wat deel van die oplossings moet wees.

“Terselfdertyd is dit ’n jammerte dat ons mense se probleme op maniere gebruik word wat die party verdeel, die beeld van die ANC skaad en sy vermoë ondermyn om Suid-Afrikaners te verenig om armoede, ongelykheid en werkloosheid op te los,” sê hy.

Die Zuma-faksie is voorstanders van radikale ekonomiese transformasie.

Meer oor:  Anc  |  Carl Niehaus  |  Oudpres. Jacob Zuma  |  Staatsrede 2019  |  Sona 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.