Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC kies leier in Oos-Kaap ná chaos

Oscar Mabuyane is verkies tot voorsitter van die ANC in die Oos-Kaap op die party se chaotiese en gewelddadige provinsiale verkiesingskonferensie.

Oscar Mabuyane is as leier van die ANC in die Oos-Kaap verkies.Foto: News24

Mabuyane, voormalige sekretaris, het 931 stemme gekry en die uittredende voorsitter Phumulo Masualle sewe.

Mlungisi Mvoko is as ondervoorsitter verkies met 935 stemme.

Lulama Ngcukaitobi is tot sekretaris verkies, Helen Sauls-August is adjunksekretaris en Babalo Madikizela is tesourier.

Die verkiesingskommissie sê hoewel van die kiesers afwesig was, is ’n kworum bereik.

Daar was 951 afgevaardigdes teenwoordig wat kon benoem en stem.

Daar was die afgelope naweek verskeie gewelddadige voorvalle by die konferensie.

Skokgranate moes Saterdagaand buite die konferensielokaal in Oos-Londen gebruik word om faksies onder beheer te kry en daar was in die vroeë oggendure ’n geveg tussen afgevaardigdes wat veroorsaak het dat agt mense in die hospitaal opgeneem is.

News24 kan bevestig dat die ontevrede afgevaardigdes aansoek om ’n interdik by die hooggeregshof gedoen het. Die saak sal na verwagting later Sondag aangehoor word.

Meer inligting volg later.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Leierskapstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.