Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC kies nuwe leiers in Gauteng-streke

Dr. Kgosi Maepa, ’n sakeman, is die nuwe voorsitter van die ANC in die Tshwane-streek in Pretoria, terwyl Maphefo Letsie, burgemeester van Merafong (Carletonville), die nuwe ANC-leier aan die Wes-Rand is.

Die twee streke het in die naweek hul streekskonferensies gehou.

Daar is aanvanklik gemeen Mapiti Matsena, ANC-leier in die Tshwane-metroraad, sou in die Tshwane-streek die nuwe leier in die plek van Kgosientso (Sputla) Ramokgopa verkies word.

Ramokgopa, die vorige Tshwane-burgemeester wat nie weer verkiesbaar was nie, kan hom moontlik verkiesbaar stel vir ’n toppos wanneer die ANC in Gauteng van 20 tot 22 Julie sy provinsiale konferensie hou.

Die nuwe komitees is:

Wes-Rand: Maphefo Letsie (voorsitter), Denis Thabe (ondervoorsitter), Sanele Ngweventsha (sekretaris), Francis Makgatho (adjunksekretaris) en Brenda Mahuma (tesourier).

Tshwane: Kgosi Khoši Maepa (voorsitter), Aaron Maluleke (ondervoorsitter), Eugene Modise (sekretaris), Charles Masemola (adjunksekretaris) en Simphiwe Mbatha (tesourier).

Letsie was vroeër sekretaris van die ANC in die Wes-Rand.

Ongelukkige ANC-lede in die Wes-Rand het onlangs ná ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Irene naby Pretoria opgeruk om daar te kla oor beweerde ongerymdhede in dié streek.

Dit het uiteindelik daartoe gelei dat die streekkonferensies uitgestel is.

Motalatale Modiba, woordvoerder van die ANC in Gauteng, het gesê die doel van die konferensies was om eenheid in die onderskeie streke te bring en die ANC weer nader aan die kiesers te bring.

“Ons is tevrede met hoe sake verloop het op die twee konferensies. Die gesprekke was robuus en openhartig en ons glo die ANC in dié streke het ’n goeie grondslag gelê met die oog op volgende jaar se algemene verkiesing,” het Modiba gesê.

Meer oor:  Gauteng  |  Politiek  |  Anc-Leierskapsverkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.