Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-kop rol oor Survé se groot skenking

Dr. Iqbal Survé se omstrede skenking van R1 miljoen aan die ANC in die Wes-Kaap enkele dae voor verlede week se verkiesing, het die kop van dié party se provinsiale tesourier laat rol.

Die party se provinsiale werkskomitee (PWK) het Woensdagmiddag laat aangekondig die lidmaatskap van Maurencia Gillion is opgeskort hangende ’n ondersoek.

Maurencia GillionFoto: LEANNE STANDER

Khaya Magaxa, waarnemende provinsiale ANC-voorsitter, het gesê die besluit is geneem nadat die werkskomitee Woensdag byeengekom het. Die ontplooiings na verskeie posisies in die provinsiale wetgewer asook verslae met betrekking tot die verkiesing, wat ook befondsing ingesluit het, is ook bespreek.

Die DA het politieke beheer van Wes-Kaap behou nadat 55,45% van kiesers wat gestem het, vir die party gestem het. Die ANC is in die tweede met 28,63%.

Die werkskomitee het herbevestig dat die “vrygewige skenking” van Survé, voorsitter van die Sekunjalo-groep en Independent Newspapers, teruggegee sal word.

Die provinsiale ANC het op die vooraand van die verkiesing aangekondig dat hy die geld aan Survé gaan teruggee.

Magaxa het toe gesê dat hulle ná die skenking by Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies, advies gevra het oor of die ondersoek van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) na Survé se maatskappye afgehandel is.

Hy het toe aan Netwerk24 gesê Gungubele het die provinsiale leierskap ingelig het dat die ondersoek nog voortduur en dat daar veral ná pres. Cyril Ramaphosa se uitsprake teen korrupsie in sy verkiesingsveldtog besluit is om die geld terug te gee.

Survé het egter nie die besluit ligtelik aanvaar nie en het in ’n sterk bewoorde verklaring wat Sekunjalo uitgereik het, gesê Gungubele, wat ook OBK-voorsitter is, se “persoonlike en politieke vendettas” teen hom is die hoofrede waarom die ANC sy skenking teruggegee het.

Survé het toe ook gesê dat hy die geld geskenk het ná ’n regstreekse versoek van die provinsiale ANC vir stemdag-kospakkies en ander logistiek vir ANC-vrywilligers.

Netwerk24 het vertroulik verneem dat Gillion binnekort haar weergawe oor die gebeure openbaar sal maak.

Meer oor:  Politiek  |  Anc  |  Skenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.