Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC kry regsadvies oor ‘moeilike kwessie’

Die regsadvies van senior advokate oor hoe die ANC die kwessie moet hanteer van sy leiers wat van ernstige misdade aangekla word, sal volgende naweek op die vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) bespreek word.

Jesse Duarte, adjunksekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag op ’n mediakonferensie in Luthulihuis, hoofkantoor van die ANC in Johannesburg, gesê sy besef “dit sal ’n moeilike gesprek wees”.

Jesse Duarte, adjunksekretaris-generaal van die ANC.

Duarte wou egter nie sê wat die aanbevelings is nie.

Sy sê hulle wil hê NUK-lede moet met ’n oop gemoed by die vergadering opdaag om oor die saak te praat.

“Daar wag groot uitdagings op ons. Ons is vasgevang in ’n dilemma tussen politieke moraliteit en geregtigheid.

“Ons het senior advokate gevra om ons daarmee te help sodat ons binne die raamwerk van die Grondwet optree,” het Duarte gesê.

Daar is kwaai tweespalt in die ANC oor die hantering van sy openbare verteenwoordigers wat strafregtelik aangekla word. Die faksie wat pres. Cyril Ramaphosa steun, is ten gunste daarvan dat dié leiers opsy moet staan totdat die sake teen hul afgehandel is.

Die faksie wat gelei word deur Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, meen onder meer dit kan daartoe lei dat mense aangekla word net om hulle uit hul posisie verwyder te kry.

Magashule self weier om terug te staan sedert hy ’n week gelede op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in die landdroshof in Bloemfontein verskyn het.

Meer oor:  Anc  |  Jesse Duarte  |  Leiers  |  Regsadvies  |  Misdade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.