Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC kyk na deelname aan koalisieregering in Baai

Die ANC sal sy besluit om deel van die koalisieregering in die Nelson Mandelabaai-metro te wees, heroorweeg as en wanneer dit nodig is, sê Oscar Mabuyane, voorsitter van die ANC in die Oos-Kaap.

Oscar Mabuyane, voorsitter van die ANC in die Oos-Kaap, praat Maandag in Port Elizabeth op ’n nuuskonferensie. Foto: Cara-Lee Dorfling

Hy het Maandag ’n nuuskonferensie gehou in Port Elizabeth waar hy met die ANC-koukus van die metro vergader het tydens ’n oorsigbesoek.

Mabuyane het verlede week, op drie verskillende geleenthede, gesê die koalisieregering in die metro “werk nie” en dat dit ’n swak presteerder met ’n afwaartse neiging is.

“Ons hoef nie deel van die koalisie te wees nie. As die koalisie ons help om die ANC-doelwitte te bereik, sal ons daarmee volhou.

“Maar vir nou wil ons ’n beter, doeltreffende munisipaliteit hê wat basiese dienste aan die mense lewer.”

Die metro word tans geregeer deur ’n koalisieregering van die ANC‚ AIC, EFF en United Front, met die UDM se

Mongameli Bobani as burgemeester, nadat hulle verlede jaar vir Athol Trollip en sy DA-koalisieregering op ’n raadsvergadering uitgestem het.

Die ANC se besluit deel van die koalisieregering te wees, was volgens Mabuyane takties en nie die “alfa en omega” nie.

“Ons wil die mag hê om ’n verskil in ons mense se lewens te kan maak, want dit is die ANC se mandaat.

“Maar as daar enige tekens is van ’n regering wat in duie stort weens nalatigheid, geld (begrotings) wat nie bestee word nie – Nelson Mandelabaai is vuil – en basiese dienste wat nie gelewer word nie, sal ons dié besluit hersien.”

Ons wil die mag hê om ’n verskil in ons mense se lewens te kan maak, want dit is die ANC se mandaat.
Oscar Mabuyane

Mabuyane sê die metro sal voortaan fyn dopgehou word om te verseker die munisipaliteit presteer.

Op ’n vraag oor wat die toekoms vir die ANC-raadslid Andile Lungisa, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieurswese, in die metro inhou nadat hy tot twee tronkstraf gevonnis is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, het Mabuyane gesê die finale besluit sal op nasionale vlak geneem word.

Die saak teen Lungisa spruit uit ’n chaotiese raadsvergadering in 2016 toe hy ’n glasbeker oor Rano Kayser, DA-raadslid, se kop gebreek het.

Lungisa se appèl teen sy vonnis en skuldigbevinding is vroeër die maand in die hooggeregshof in Makhanda (Grahamstad) van die hand gewys. Hy het aangedui dat hy van plan is om die appèlhof in Bloemfontein te nader.

“Daar is op provinsiale en nasionale vlak ’n besluit oor die saak geneem, dit is net ’n kwessie van implementering.

“Maar dit sal verkeerd wees om hom te veroordeel terwyl hy die saak nog appelleer.”

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Baai  |  Pe  |  Anc  |  Koalisie  |  Koalisieregering  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.