Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-LP’s het geweier dat Guptas ondersoek word – Mazzone

In die tyd toe daar reeds wyd berig is oor onreëlmatighede waarby die Guptas betrokke is, soos dat hul private vliegtuig onwettig by die Waterkloof-lugmagbasis geland het, het die hele ANC-koukus in die Nasionale Vergadering geweier dat die Guptas ondersoek moet word.

Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, het Maandag in getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, uitgewys hoe 169 ANC-LP’s, oftewel al die ANC-LP’s wat teenwoordig was by die begrotingsdebat op 18 Mei 2016 in die algemene vergadering, teen ’n mosie van die DA gestem het dat daar ’n ad hoc-komitee gestig moet word om die Guptas en hul invloed op staatsentiteite en ministers ondersoek moet word.

Mazzone het getuig al die lede van opposisiepartye wat teenwoordig was, 103 lede, het gestem daar moet so ondersoek wees, maar almal van die ANC het daarteen gestem.

Daar is gevra dat die parlement die regering aanspreeklik moet hou sodat die Guptas nie die land se ekonomie kaap nie.

Nadat die mosie misluk het, het die ANC-lede van vreugde gesing en dans, het Mazzone getuig.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, het gesê indien daar beeldmateriaal is van hoe die ANC-lede gesing en dans het, moet dit aan die kommissie oorhandig word sodat dit gewys kan word.

Natasha Mazzone, DA-LP, getuig Maandag per videoskakel voor die Zondo-kommissie. Foto: Skermgreep

Mazzone het getuig hoe sy baie keer as lid van die portefeuljekomitee oor openbare entiteite probeer het dat sake by die staatsentiteite ondersoek moet word. Haar versoeke het op dowe ore geval.

Die DA het ook baie skriftelike vrae ingedien om ministers te probeer dwing om te antwoord oor die omvang van staatskaping. Van dié onbeantwoorde vrae was aan Lynne Brown, toe die minister van openbare entiteite.

Mazzone het aangevoer daar is geen stelsel wat ministers kan dwing om die ware antwoorde te gee op vrae nie. Baie keer is daar bloot ’n vae antwoord en wanneer daar weer vrae op skrif gevra word, is die antwoord die vraag is reeds beantwoord.

Mazzone het gesê sy is sedert 2006 in die parlement en in al die jare was daar nog nooit enige nagevolge vir ’n minister wat weier om ’n vraag te beantwoord nie.

“Daar is geen verpligting dat die antwoord die waarheid moet inhou nie,” volgens Mazzone.

Zondo het uitgewys maar die antwoord wat gegee word gaan nie oor die vraag wat gevra is nie. Hy het gevra of die DA uiteindelik die punt bereik het waar daar nie meer vrae gevra is nie.

Hierop het Mazzone geantwoord ongelukkig het dit begin gebeur, want indien dieselfde vraag weer gevra word, is die antwoord bloot die vraag is reeds beantwoord.

“Daar is geen struktuur wat ministers verantwoordbaar hou nie. Mens hoop dat die president dit sal doen, maar dit gebeur nie,” het Mazzone gesê.

Adv. Alec Freund SC, getuienisleier van die kommissie, het uitgewys dat Mazzone ’n vraag aan Brown gevra het oor geld wat aan die Trillian-maatskappy betaal is, waarop Brown na bewering ’n misleidende antwoord gegee het.

Op nog ’n parlementêre vraag oor die kontrak van R7 miljard wat die Tegeta-maatskappy van die Guptas gekry het, is daar net geen antwoord gestuur nie.

Daar is geen struktuur wat ministers verantwoordbaar hou nie. Mens hoop dat die president dit sal doen, maar dit gebeur nie.

Mazzone het getuig dat dit vreemde tye was en soms het die LP’s gevoel hulle leef in ’n James Bond-rolprent. Die ANC LP’s het geweet indien hulle enige moeilike vrae vra, sal dit die einde van hul politieke loopbane beteken.

Dié ANC-lede wat wel begin vra het oor staatskaping, is met die volgende nasionale verkiesing so laag op die ANC-lys geplaas dat hulle nie weer LP’s geword het nie.

Meer oor:  Natasha Mazzone  |  Zondo-Kommissie  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.