Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC: Mabulu se skildery is ‘grotesk, kru, afskuwelik, vulgêr’
Ayanda Mabulu

Die ANC oorweeg strafregtelike klagte en om die kunstenaar Ayanda Mabulu by menseregte-organisasies aan te kla oor sy jongste werk wat pres. Jacob Zuma in ’n seksuele daad met oudpres. Nelson Mandela uitbeeld.

Die party beskou dié kunswerk as “graffiti” wat ’n instrument van verdeeldheid eerder as nasiebou is.

Khusela Sangoni, ANC-kommunikasiehoof, het die skildery in ’n verklaring as “grotesk, opruiend en in swak smaak” beskryf.

“Die ANC behou die reg voor om hom op die strafregstelsel te beroep sowel as op instellings wat gestig is om die menseregte van alle Suid-Afrikaners te bevorder en te beskerm.”

’n Storm woed in sosiale media oor dié kunswerk nadat dit laat Donderdagmiddag op Twitter gedeel is.

“Ongeag watter boodskap hy dalk aan president Zuma en die ANC wil oordra, ons beskou sy werk as die oortreding van die perke van rasionaliteit en die uitbuiting van kreatiewe kuns vir afskuwelike doelwitte,” sê Sangoni.

Meer kommerwekkend is die kunstenaar se “gevoellose misbruik” van ’n Suid-Afrikaanse ikoon (met verwysing na Mandela). “Sulke vulgariteit en minagting van ander is kru, afbrekend, vernederend en maak die punt dat geen vryhede, insluitende die vryheid van uitdrukking, onbeperk is nie,” lui Sangoni se verklaring.

Die Nelson Mandela-stigting het op sy beurt in ’n verklaring kennis geneem van die “openbare woede” wat die kunswerk ontlok het en verstaan dat die publiek aanstoot neem.

“Die stigting respekteer meneer Mabulu se reg tot vryheid van uitdrukking. Ons vind egter dié skildery onsmaaklik.”

Meer oor:  Anc  |  Ayanda Mabulu  |  Kunswerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.