Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ramaphosa spreek ANC-ondersteuners toe
Die Moses Mabhida-stadion is reeds volgepak vir die vieringe. Foto: Bonolo Selebano
’n Banier van pres. Cyril Ramaphosa hang teen die dak van die stadion. Foto: Felix Dlangamandla

ANC-ondersteuners het Saterdag al vroeg by die Moses Mabhida-stadion begin aankom vir die bekendstelling van die regerende party se verkiesingsmanifes.

Sterk winde het egter die verrigtinge bederf en pres. Cyril Ramaphosa se verwagte toespraak moes uitgestel word. 

Op 'n windmeter in die stadion is 'n spoed van 68 km/h gemeet.

Dit het nie geesdriftiges gekeer om na die stadion te stroom nie.

Terwyl die stadion al hoe voller geraak het, het Gqom-musiek, ’n vermenging van kwaito en house-musiek wat in Durban ontstaan het, oor die stadion se luidsprekers weerklink.

Struggle-liedjies van die ANC is ook gehoor.

Busse vol ANC-ondersteuners kon gesien word waar hulle by die stadion aankom, terwyl joernaliste onder die streng beheer van die Durban Internasionale Konferensiesentrum na die stadion geneem is.

’n Duidelike teenwoordigheid van polisie en verkeersbeamptes is om die stadion gesien. Talle van die paaie om die stadion is gesluit vir die byeenkoms. Die polisie het vroeër die week gesê 100 000 mense sal na verwagting die geleentheid bywoon.

Om genoeg plek te hê vir die verwagte opkoms is twee oorvloei-areas beskikbaar gestel waar ondersteuners met ’n regstreekse verbinding die verrigtinge kan volg.

Die feesvieringe het skaars begin en die lede is in ’n gesellige bui. Foto: Felix Dlangamandla
Verwag sang, dans en ’n groot makietie. Foto: Felix Dlangamandla
Van die vermaak vir lede. Foto: Felix Dlangamandla

Talle smouse het ANC-handelsware en party-regalieë buite die stadion verkoop.

Zizi Kodwa, hoof van die presidensie, sê alles verloop nog volgens plan.

“Jy het nog niks gesien nie. Ons mobilisasieprogram is baie duidelik. Teen 09:00 moet die stadion vol wees en ons wil steeds hê dat die president teen 10:00 begin. Die geesdrif terwyl ons die laaste paar dae deur die provinsie gereis het, het duidelik vir ons gewys die mense begin weer lief wees vir die ANC,” het Kodwa aanvanklik gesê.

Die verrigtinge begin nou eers 11:00, wat beteken Ramaphosa se toespraak kan eers teen die midageteuur verwag word.

“Die mense wat hier aankom, is in ’n feestelike bui.”

* Teen 12:00 was die stadion heeltemal volgepak.

Kyk: Cyril Ramaphosa se toespraak regstreeks

Meer oor:  Moses Mabida  |  Anc-Manifes  |  Verjaardagvieringe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.