Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC: Meeste steun in Limpopo, waar minste stem

Limpopo is die provinsie waar die minste kiesers die moeite gedoen het om verlede week te gaan stem.

Volgens die Verkiesingskommissie (OVK) in Limpopo het slegs 58% van die meer as twee miljoen geregistreerde kiesers verlede Woensdag hul kruisies getrek.

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo. Foto: Verskaf

Desondanks wen Limpopo die ANC se eerste prys omdat die meeste stemme vir die party uit dié provinsie is.

In skerp teenstelling hiermee is Limpopo die provinsie waarin die DA landwyd die minste stemme gekry het.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê dié stempatrone wys dat minderheidstemme drasties afneem.

Hy sê die DA in Limpopo se swak prestasie met slegs 5,37% van die stemme kan dui op swak leierskap in die party se provinsiale strukture.

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, is uiters teleurgesteld in die party se swak vertoning.

Stan Mathabatha, ANC-voorsitter in Limpopo. Foto: Verskaf
Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo. Foto: Verskaf

Slegs 81 066 kiesers in Limpopo het vir die DA gestem, ondanks verskeie besoeke van Mmusi Maimane, DA-leier, aan die provinsie om stemme te werf.

Die party kon nie eens sy doelwit van 6,60% behaal wat hy in die 2014- algemene verkiesing gekry het nie.

Die ANC het met die louere weggestap met 77% van die kiesers wat hul kruisies vir dié party getrek het. Dit is effens minder as die 78,97% wat hy in 2014 gekry het.

Stan Mathabatha, premier van Limpopo, sal waarskynlik weer deur pres. Cyril Ramaphosa as premier aangewys word.

Die EFF is soos in 2014 weer die amptelike opposisie in Limpopo. Die Rooi Barette het 13,41% van die stemme gekry. Dit is meer as die 10,27% in 2014.

Jossey Buthane, EFF-leier in Limpopo, is ’n boesemvriend van Julius Malema, leier van die EFF, wat ’n boorling van Polokwane is.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, is trots daarop dat die party sy getal stemme meer as verdubbel het. Die party het 1,42% van die stemme gekry en Maritz sal nou lid van die provinsiale wetgewer wees.

Jossey Buthane, EFF-leier in Limpopo. Foto: Verskaf
Meer oor:  Verkiesingskommissie (Ovk)  |  Limpopo  |  Anc  |  Stemuitslae  |  Verkiesin 2019  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.