Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC moet bande verbreek met Zuma – Kasrils

Die ANC moet sy bande met oudpres. Jacob Zuma verbreek, sê oudminister Ronnie Kasrils, ’n struggle-held van die party.

Kasrils, soos Zuma ’n eertydse intelligensiehoof van die ANC, het Vrydag in ’n onderhoud met Eyewitness News gesê die ANC moet aanvaar dat die oudstaatshoof en ANC-leier “ ’n misdadiger is en hy daarom sy sentimentele bande met hom moet verbreek”.

Oudminister Ronnie Kasrils

Kasrils, ook ’n voormalige adjunkminister van verdediging, sê Zuma is ’n misdadiger wat net homself kan blameer.

Die ANC moet ter wille van sy eie oorlewing en in belang van Suid-Afrika sy bande met sy vorige leier verbreek.

Zuma dien tans in die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal ’n vonnis van 15 maande uit vir minagting van die hof omdat hy ’n opdrag van die konstitusionele hof geminag het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Sy inhegtenisneming word deur baie beskou as die vonk wat die afgelope week die kruitvat in KwaZulu-Natal aangesteek en tot groot oproer en plundering in dié provinsie en in dele van Gauteng gelei het.

Kasrils het gesê hy het nooit kon dink dat dit eendag nodig sou wees om ’n noodtoestand uit te roep om die weermag in die strate te ontplooi om ’n einde aan die oproer te maak nie.

Hy sê die binnegevegte in die ANC en die groterwordende ongelykheid en armoede het tot die geweld bygedra.

Jessie Duarte, waarnemende sekretaris-generaal van die ANC, het verlede week gesê al is Zuma nou in die tronk, bly die ANC lief vir hom.

Politieke ontleders het gewaarsku dit sal tot die ANC se nadeel wees as hy sy bande met Zuma verbreek. Omdat Zuma ’n groot ondersteuningsbasis in KwaZulu-Natal het, kan die ANC nie sonder hom vanjaar se beplande plaaslike verkiesing binnegaan nie.

Meer oor:  Anc  |  Oudpres. Jacob Zuma  |  Ronnie Kasrils  |  Bande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.