Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC moet herstel van sy beserings, sê Jacobs
Faiez Jacobs.

Die ANC gaan opnuut begin om hul geloofwaardigheid te herstel na die “beserings” wat die party opgedoen het in die jongste verkiesing.

So het die ANC se Wes-Kaapse provinsiale sekretaris, Faiez Jacobs, gesê.

Jacobs, wat by die UDF se 33ste herdenkingsjaar gepraat het, het gesê die ANC is besig om deur ’n tyd van “herstel” te gaan.

Hy het gesê dit is ’n perfekte tyd om terug te kyk en na te dink waarvoor die UDF staan en hoekom dit gestig is.

“Vandag is baie belangrik omdat ons ’n gesprek met ons kollegas wil hê, dié wat sê die ANC is nie die party wat dit veronderstel is om te wees nie.”

Faksies en hekwagters is die oorsaak van die verminderde steun vir die ANC en het ondersteuners, wat nie meer aktief betrokke is by die politiek nie, verhinder om terug te keer.

Jacobs het gesê die UDF kon saamstaan teen apartheid en sodoende kan die ANC dit weer doen.

Ná Jacobs het die voormalige minister van toerisme en raadslid van die SAL, Cheryl Carolus, het gesê: “Ons hou dalk nie van die medisyne wat hulle vir ons gee nie, maar laat ons dit neem en beter raak.”

Sy het verder gesê die waarheid waarmee die land vandag gekonfronteer word, is nie mooi nie, maar dit het sleg geraak onder “ons beheer”. 
“Laat ons dit herstel terwyl ons aan bewind is.”

Carolus het gesê sy glo steeds die ANC was die enigste party wat die land kon bevorder. – News24

Meer oor:  Cheryl Carolus  |  Faiez Jacobs  |  Herstel  |  Wes-Kaap  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.