Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC neem Zuma-bewerings ernstig op – Ace

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, sê sy party gaan “gesamentlike gesprekke” voer oor die bewerings wat oudpres. Jacob Zuma sedert Maandag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping gemaak het.

Oudpres. Jacob ZumaFoto: Netwerk24

Magashule het Dinsdag verrigtinge van die kommissie in die Hill on Empire-gebou in Parktown, Johannesburg, bygewoon.

Op ’n vraag oor Zuma se bewering dat spioene van intelligensie-agentskappe die ANC geïnfiltreer het, sê Magashule Zuma se bewerings word ernstig opgeneem.

“Mense vra nou dat ’n kommissie gestig word om die bewerings te ondersoek, maar daar sal eers gesprekke moet plaasvind,” sê Magashule, ’n ondersteuner van Zuma.

“Ek weet ook van die goed (waaroor Zuma getuig het). Hy was lank betrokke by intelligensie en sal daarom waarskynlik meer weet,” sê hy.

Magashule sê Zuma het Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, Vrydag besoek en hom ingelig dat sy getuienis voor die kommissie die ANC dalk kan benadeel.

Magashule wou hom nie uitlaat oor Zuma se regspan se bewerings dat die kommissie bevooroordeeld teen Zuma is nie.

Oor Zuma se bewering dat ’n groot aantal ANC-lede bande met die Guptas gehad het, sê Magashule: “Wys my ’n politikus wat nog nie met sakemanne vergader het nie.”

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma  |  Ace Magashule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.