Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC ‘nog te bang vir wit mense’

Die ANC-regering is steeds “te bang vir wit mense” om alle sportsoorte in Suid-Afrika ten volle te transformeer, meen Nazier Paulsen, EFF-LP.

Paulsen het Dinsdagoggend so in die parlement gesê in die debat oor Tokozile Xasa, minister van sport en ontspanning, se begrotingsrede vir die 2018/2019-boekjaar. Die parlement het gehoor dat net meer as R1 miljard vir die boekjaar aan die departement toegeken is.

Nazier Paulsen.

Paulsen het die veel besproke voorval Saterdag waarin Ashwin Willemse, oud-Springbokrugbyspeler en Supersport-kommentator, in ’n regstreekse uitsending ná ’n beweerde onderonsie met sy medeaanbieders, Naas Botha en Nick Mallet, uit die ateljee gestap het, sentraal in sy toespraak gebruik. Dit is ook deur verskeie ander LP’s in hul toespraak in die debat geopper.

Beauty Dlulane, ANC-LP en voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, het weer haar komitee se “hartseer” oor die Willemse-voorval uitgespreek.

“Ons verwerp rassisme in sport in al sy vorms. Die komitee ondersteun daarom minister Xasa se oproep dat die aangeleentheid ten volle ondersoek word.”

Paulsen voer verder aan dat Willemse Saterdag opgestaan het teen die “geboelie, neerbuigende houdings en wit arrogansie wat ons steeds in baie van ons sportsoorte in die land ervaar”.

“Wit mense hou steeds aan om rugby en ander sportsoorte te oorheers – van die speelveld tot by die afrigters.”

Hy voeg by dat Suid-Afrikaners egter “gewoond is aan wit rassisme”, maar dat die mislukking van die ANC-regering om sport te transformeer “moeiliker is om te verstaan”.

“Dit is net omdat die ANC bang is vir wit mense. Die EFF is nie, ons vrees f*k*l nie,” sê Paulsen.

Meer oor:  Witmense  |  Ashwin Willemse  |  Anc  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.