Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-NUK praat oor Eskom, SAL

Sukkelende staatsentiteite soos Eskom, wat tans weer landwyd beurtkrag ingestel het, en die SAL is hoog op die agenda van die laaste vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) vir die jaar.

Dit is wat Pule Mabe, ANC-woordvoerder, Sondag aan joernaliste gesê het oor die NUK-vergadering wat tot Maandag by The Lakes-hotel en konferensiesentrum in Benoni gehou word.

Volgens Mabe sal pres. Cyril Ramaphosa as ANC-president en Ace Magashule, sekretaris-generaal, albei verslae aan die vergadering voorlê oor onderskeidelik die politieke oorsig en die stand van die ANC.

“Daar sal ’n politieke oorsig gelewer word waarin verskeie aktuele kwessies van nasionale en internasionale belang bespreek sal word.”

Pule sê die ANC sal Woensdag ’n nuuskonferensie hou waar Magashule na verwagting die besluite van die vergadering, in terme van die regering en die ANC, sal bekend maak.

Dié NUK-vergadering vind plaas te midde van Eskom wat sedert verlede week beurtkrag weer landwyd ingestel het. Dit het nog Sondag voortgeduur.

Ghaleb Cachalia, DA-LP en woordvoerder oor openbare ondernemings, het vroeër gesê die skrif is aan die muur omdat alle planne vir Eskom misluk het.

“Ons sleutel- openbare ondernemings kan duidelik nie dienste lewer nie.”

Cachalia sê dit dui op die regering se onvermoë om die infrastruktuur te bestuur wat hy geërf het.

“Die DA glo dit is hoog tyd dat die kultuur van bevel en beheer by Eskom eindig. Oop kaarte word vereis en die land moet in hul vertroue geneem word.

“Dit is ’n tyd wanneer fabrieke oortyd werk om aan produksie-spertye te voldoen, terwyl families ook staatmaak op sekerheid oor die komende feestyd.”

Volgens Cachalia moet Eskom en die regering as aandeelhouer rekenskap aan Suid-Afrika gee en vir eens en altyd die gety keer wat die land weer in ’n resessie kan indryf.

Meer oor:  Anc  |  Pule Mabe  |  Sal  |  Eskom  |  Politieke Oorsig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.