Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-politikus wat van verkragting beskuldig word is terug op sy pos

Slegs dae nadat pres. Cyril Ramaphosa vanjaar se veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders bekend gestel het, is ’n senior lid van die ANC in Mpumalanga se provinsiale uitvoerende komitee wat tereg staan op aanklagte van verkragting, terug op sy pos.

Die man, wie se identiteit nie bekend gemaak word nie om sy slagoffers te beskerm, se heraanstelling is onmiddellik van krag, het Sasekani Manzini, die ANC se woordvoerder in Mpumalanga, gesê.

Die provinsiale uitvoerende komitee het vergader, en omdat die NUK (nasionale uitvoerende komitee) nog nie besluit het oor die riglyne vir ampsdraers (wat van misdade beskuldig word) om opsy te staan nie, sal dit onregverdig wees as ons as ’n provinsie vir hom sê hy mag nie deelneem nie,” het Manzini gesê. Sy het bygevoeg die provinsiale uitvoerende bestuur sal wag vir die besluite van die NUK oor die saak.

“Die ANC is nie ’n eensydige organisasie nie. Almal wat beskuldig word is deel van die land, so die besluit wat vir een geld, geld vir almal.”

Min. Gwede Mantashe Foto: Nelius Rademan

Die man se heraanstelling het tot gevolg gehad dat sy borgtogvoorwaardes verslap is.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê die man het die hof genader met ’n aansoek oor sy borgtogvoorwaardes.

“Hy het in ’n verslag gesê die ANC het hom ontplooi. Sy borgtogvoorwaardes is verslap sodat hy slegs elke Vrydag by sy plaaslike polisiekantoor moet aanmeld. Die ander voorwaardes is dat hy nie met staatsgetuies mag inmeng nie en hy by die ondersoekbeampte in die saak teen hom moet aanmeld as hy die provinsie wil verlaat,” het sy gesê.

Gwede Mantashe, ANC-voorsitter, het vroeër aan die Sunday Times gesê die advies van topregslui is dat die party niemand kan dwing om opsy te staan nie, omdat dit as “vrywillige optrede” beskou word. Indien iemand gedwing word om dit te doen, is dit net so goed die persoon word geskors.

News24 het vroeër berig die ANC se nasionale werkkomitee het regsadvies van adv. Gcina Malindi ingewin, nadat lede die NUK se bevel om opsy te staan geïgnoreer het.

Die man in Mpumalanga is as lid van die PUK geskors, nadat hy in September in hegtenis geneem is op aanklagte dat hy sy twee dogters verkrag het. Hy is tans uit op borgtog van R20 000.

Dit is nie die eerste keer wat die politikus, wat ’n voormalige lid van die provinsiale regering se uitvoerende raad was, van verkragting aangekla word nie. Hy is voorheen vir die verkragting van ’n vrou jare gelede aangekla. Hy het aangevoer die vrou het ingestem om met hom seks te hê. Die staat het die saak laat vaar.

Ramaphosa het Maandag vir die 16 dae-veldtog ’n beroep op ANC-takke gedoen om die veldtog ter harte te neem en gesê die bemagtiging van vroue word oral op die vasteland voorgestaan, deels te danke aan die ANC-Vroueliga.

“Nou moet almal van ons in die land en wêreldwyd geweld teen vroue en kinders bekamp en daar moet in die volgende 16 dae in elke wyk ’n bevelsentrum wees vir dié tipe misdaad. Ons takke moet deelneem,” het Ramaphosa gesê.

HYPERLINK: Sunday Times

https://www.timeslive.co.za/sunday-times/news/2020-11-22-stepping-aside-is-a-voluntary-act-ancs-step-aside-migraine-worsens/

News24

Source

https://www.news24.com/news24/SouthAfrica/News/anc-reinstates-rape-accused-pec-member-days-after-ramaphosa-calls-on-party-to-take-gbv-seriously-20201125

Meer oor:  Gwede Mantashe  |  Verkragting  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.