Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC pos 2 burgemeesters

Die ANC in KwaZulu-Natal het bevestig dat Zandile Gumede, die beleërde burgemeester van die eThekwini-metro, sowel as Themba Njilo, burgemeester van Msundizi, gevra sal word om opsy te staan as een van talle leierskapveranderinge wat in dié provinsie gedoen word. Die party se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) het ná weke lange debat oor Gumede se voortgesette rol as burgemeester, uiteindelik besluit om haar van haar pligte in die metro te onthef en haar elders te herontplooi.

Zandile Gumede. Foto: Jabulani Langa

Dít na nóg ’n twee dag lange spesiale PUK-vergadering die week.

Die PUK het op grond van ’n verslag wat deur die provinsiale werkkomitee (PWK) van die ANC in KwaZulu-Natal opgestel is, toegegee dat die Msunduzi- en eThekwini-munisipaliteit, waar Njilo en Gumede aan die stuur van sake was, “ernstige aandag nodig het”.

“Alle ANC-lede wat as uitvoerende komiteelede (by die twee munisipaliteite) dien, moet onmiddellik herontplooi word,” het Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die party, Dinsdag tydens ’n mediakonferensie in Durban gesê.

Alle vakatures moet binne sewe dae gevul word, het hy gesê.

Die PWK het vir ’n week lank met al die munisipaliteite vergader om hul verslag te kon saamstel, het Ntuli verduidelik. Dit het gevolg op verskeie klagtes van inwoners oor dienslewering in daardie gebiede.

“Hierdie knelpunte het gespruit uit kwessies soos watervoorsiening, waterinfrastruktuur, vullisverwydering en beweringe wat verband hou met bedrog en korrupsie,” het Ntuli gesê.

“Die ANC het hom daartoe verbind om na ons mense te luister.”

Van die waarnemings wat die PWK gemaak het, is dat:

* In sekere munisipaliteite daar aansienlike probleme is weens infrastruktuur om inkomste te genereer;

* Verskeie munisipale toelaes weens swak beplanning nie gebruik is nie;

* Daar ’n volgehoue patroon van oortredings en onetiese gedrag is; en

* Daar ’n onvermoë is om te hou by die regulasies wat die ouditeur-generaal aanbeveel het.

Ntuli het bygevoeg dat die PUK glo dat die ANC in dié provinsie die ANC as ’n nasionale beweging kan beïnvloed deur wie hy as sy leiers kies.

Gumede is op die oomblik uit op R50 000 se borgtog nadat sy vroeër vanjaar in hegtenis geneem is op aanklagte van korrupsie wat verband hou met ’n multimiljoenrand-tender vir vaste afval.

Sy is in Junie deur die party vir 30 dae op spesiale verlof geplaas, wat sedertdien twee keer verleng is nadat die PUK in gebreke gebly het om teen die spertyd ’n besluit oor haar te neem.

Sy sal weer in Januarie 2020 in die gespesialiseerde handelshof in Durban verskyn.

News24 het vroeër berig volgens twee onafhanklike bronne het die PWK aanbeveel dat sy herroep word nadat hy ’n verslag oor haar geskiktheid opgestel het.

Die PUK kon egter nie saamstem oor watter stappe gedoen moet word nie ten opsigte van Gumede, wat baie invloed het in KwaZulu-Natal en ’n bekende ondersteuner is van oudpres. Jacob Zuma.

Die ANC in die provinsie was tussen twee vure, met streke wat gedreig het om in opstand te kom sou die party nie “konsekwent” wees in sy besluite oor die lot van verskeie streekleiers nie.

Meer oor:  Anc  |  Themba Njilo  |  Zandile Gumede  |  Ethekwini  |  Msundizi  |  Kwazulu-Natal  |  Burgemeesters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.