Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-premier wil leer by Wes-Kaap

Die feit dat hul lêers gedigitaliseer is en nie meer in liasseerkabinette gesoek hoef te word nie, is een van die redes waarom pasiënte in Wes-Kaapse hospitale vinniger gehelp word.

Alan Winde en dr. Zamani Saul, premiers van onderskeidelik die Wes- en Noord-Kaap, saam met amptenare van hul departemente van gesondheid in Kaapstad.

Nou wil die Noord-Kaap ook dié praktyk instel.

Die twee provinsies het ’n tegniese span saamgestel om die fyner detail van hul nouer samewerking uit te werk.

Dit kom nadat ’n afvaardiging onder leiding van dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, die Wes-Kaap besoek het om onder meer te sien hoe die Wes-Kaap dit reggekry het om ontslae te raak van alle papierrekords van pasiënte by hospitale en klinieke. “Die twee provinsies kan baie mekaar leer,” het Saul Vrydag gesê.

Dit het begin toe Alan Winde, Wes-Kaapse premier, by pres. Cyril Ramaphosa se maandelikse koördineringsraad verduidelik het hoe die Wes-Kaap 13 miljoen pasiënterekords van 54 hospitale en 300 primêre klinieke omgeskakel het in digitale formaat.

“Ons het oor maande alles geskandeer en pasiënte kry nou hul lêers elektronies. Dit verminder die wagtyd by klinieke of hospitale,” sê Winde aan Rapport.

Hy sê Saul het aan hom laat blyk dat die Noord-Kaap hulp nodig het.

Saul het vertel hy was by ’n hospitaal in Kimberley waar iemand vier uur gewag het terwyl ’n lêer gesoek is. Lêers raak dikwels heeltemal weg.

Winde het hom genooi om te kom kyk wat hulle doen.

“So ’n maand later het hy gebel en die Noord-Kaapse LUR vir gesondheid en sy departement het ’n hele paar ure saam met ons mense in deurgebring om te kyk hoe ons dit gedoen het.

“Ek het aan die DG (direkteur-generaal) gesê daar is sekere goed wat die Noord-Kaap by ons kan leer en sekere goed kan ons by hulle leer.

“Die twee DG’s skakel reeds daaroor,” sê Winde.

Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, het Saul en sy span LUR’e en senior amptenare ook op ’n toer geneem deur die Tygerberg-opleidingshospitaal.

Winde sê hy werk ook nou saam met David Makhura, Gautengse premier, en die twee provinsies se DG’s het mekaar reeds besoek.

Dié samewerking was in die verlede ongehoord.

Saul het gesê hy en Winde het ooreengekom op ’n tegniese span wat verder samewerking tussen die twee provinsies sal bespreek.

Daar behoort meer sulke uitruil-geleenthede te wees omdat die twee provinsies by mekaar kan leer.

“Juis daarom sal ons voortaan vennootskappe aangaan met alle sektore om planne in werking te stel wat die lewens van mense kan verbeter,” het hy gesê.

Meer oor:  Zamani Saul  |  David Makhura  |  Alan Winde  |  Noord-Kaap  |  Wes-Kaap  |  Premier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.