Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC roskam DA oor SEB

Die ANC is nie geskok of verbaas oor die DA se “wipplankryery” oor breë swart ekonomiese bemagtiging nie.

Dit volg ná berigte oor die interne verwarring wat skynbaar onder senior DA-lede oor die party se standpunt oor breë SEB heers.

Gwen Ngwenya, die DA se beleidshoof, het in ’n meningsartikel geskryf breë SEB het misluk en die DA se federale raad het ’n nuwe bemagtigingsraamwerk daaroor aanvaar.

Ons moet die DA en ander teenstanders van breë SEB daaraan herinner dat die uitroei van rassisme in ons ekonomie nie net goed is vir die ekonomie nie, maar ook ’n kritiese voorvereiste vir politieke en ekonomiese stabiliteit vir ons land is.

Pas nadat sy dié uitlating gemaak het, het James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, gesê die DA ondersteun die oogmerk van breë SEB en ontken nie die noodsaak daarvan vir voorheen benadeeldes nie.

Selfe en Ngwenya het Maandag in ’n gesamentlike verklaring gesê die ANC se model van breë SEB het “klaaglik misluk” en het “miljoene mense tot werkloosheid verdoem terwyl dit die politieke elite deurgaans verryk”.

Daarom praat die party volgens hulle oor maniere om dié wat voorheen doelbewus uitgesluit is, onder meer op grond van ras, by die ekonomie te betrek. Die DA ondersteun die bemagtiging van swart Suid-Afrikaners ondubbelsinnig en hy ontwikkel tans ’n nuwe ekonomiese bemagtigingsbeleid.

Ngwenya het in Julie ’n voorstel oor die kwessie by die federale raad ingedien. “Die ANC se model van SEB is gevolglik verwerp en die DA se beleidseenheid het die mandaat om aan alternatiewe modelle van bemagtiging te werk,” lui die verklaring.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het Dinsdag gesê die ANC het die DA lankal ontmasker as ’n party wat daartoe verbind is om wit bevoorregting en die instandhouding van die status quo te verdedig.

“Die DA se teenstand en aktiewe weerstand teen breë SEB is verstaanbaar. Daar kan nie van begunstigdes van ekonomiese apartheid verwag word om beleidsmaatreëls te steun wat toegang tot ekonomiese geleenthede vir die meerderheid Suid-Afrikaners verbreed en in die proses die grondslag van wit ekonomiese bevoorregting ontwrig nie.”

Oor die DA se kritiek dat breë SEB nie werk nie, het Mabe gesê daar is ernstige uitdagings met sommige aspekte van die toepassing daarvan. “Die voordele van breë SEB moet nog die meeste van ons mense bereik. Dié en ander uitdagings kan egter nie geopper word as verskonings om die baba met die badwater uit te gooi nie.”

Die ANC bly verbind tot ekonomiese transformasie en sal nooit daarvan afsien om die patrone van eienaarskap te verander nie.

“Ons moet die DA en ander teenstanders van breë SEB daaraan herinner dat die uitroei van rassisme in ons ekonomie nie net goed is vir die ekonomie nie, maar ook ’n kritiese voorvereiste vir politieke en ekonomiese stabiliteit vir ons land is.”

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Seb  |  Swart Ekonomiese Bemagtiging  |  James Selfe  |  Gwen Ngwenya  |  Werkloosheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.