Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC sal steun in verkiesing verloor, voorspel kenners
Vhugala Nthakheni van die UV, Susan Booysen en John Matisonn, politieke ontleders, en Ruda Landman, gespreksleier, waag voorspellings oor wat die komende munisipale verkiesing vir die land inhou. Foto: Emile Hendricks

Al word heelwat minder stemme vir die ANC in die komende munisipale verkiesing voorspel, sal die opposisie steeds nie genoeg steun kry om dié party uit die kussings te lig nie.

Dit was Susan Booysen, ’n politieke ontleder en skrywer van Dominance and Decline, The ANC in the Time of Jacob Zuma, se mening Woensdag by die Vrystaat Kunstefees op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Booysen, John Matisonn, politieke ontleder en skrywer van God, Spies and Lies, en Vhugala Nthakheni, van die UV se studente-aangeleenthede, was deel van die gesprek In die glasbal: Wat hou die verkiesing in? by die kunstefees.

Ruda Landman het die gesprek gelei.

“Met (Jacob) Zuma wat in dié tyd die ANC lei, is die party so verhewe met staatsmag,” het Booysen gesê.

“Meer mense kom dit agter en begin van die ANC wegbeweeg. Zuma is sleg vir die ANC.”

Tog meen sy die ANC se posisie in die Mangaung-metro is veilig.

Maar in Gauteng en die Nelson Mandela-metro is dit ’n ander saak. Die ANC daar is nié so veilig nie.
Susan Booysen

“Maar in Gauteng en die Nelson Mandela-metro is dit ’n ander saak. Die ANC daar is nié so veilig nie.”

Nthakheni het ook daarop gewys dat daar, veral by die UV, verdeeldheid onder die ANC gekom het.

“Met die #FeesMustFall-veldtog het van die studente betoog en ander het nie,” het hy gesê. “En dit het die studente en ook lede van die ANC verdeel.

“Dit skep egter ’n wanindruk onder studente omdat hulle nou dink as hulle nie met iets saamstem nie, kan hulle die instelling boikot. Daarom sal hulle eerder van die stembusse wegbly as om vir ’n ander party te stem omdat hulle vertroue in die ANC verloor het.”

Landman het gevra wat die impak daarvan sal wees as jong mense hulle nie tot die stembus wend nie.

“Wel, as mense nie stem nie, gaan die EFF en DA meer word,” het Matisonn gesê.

Booysen het saamgestem.

“Die DA en EFF kan iets gemeen hê. Ek voorspel ’n era van onstabiele plaaslike regerings,” het sy gesê.

die ANC se steun sal tot onder 60% val, die DA s’n tot baie naby aan 30% styg en die EFF sal rondom 15% van die stemme trek.

Maar Nthakheni sê die ANC lê nie totaal in puin nie.

“Solank as wat die party mense soos (Thabo) Mbeki en Trevor Manuel het, sal die ANC herstel. Maar Zuma is soos ’n vlieg in die salf.”

Landman het gevra of hulle voorspellings in die komende verkiesing wil waag.

Al drie het saamgestem die ANC se steun sal tot onder 60% val, die DA s’n tot baie naby aan 30%  styg en die EFF sal rondom 15% van die stemme trek.

“Dit sal van die EFF die vinnigste groeiende politieke party maak,” het Matisson gesê.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Eff  |  Ruda Landman  |  Verkiesing; Munisipale Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.