Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC sê hy hét betaal vir die Harare-vlug

Die departement van verdediging en militêre veterane het bevestig dat die ANC hom betaal het vir die omstrede staatsvlug waarop ANC-lede na Zimbabwe vervoer is.

Dit volg nadat die DA in ’n verklaring bevraagteken het of die ANC wel die betaling gedoen het nadat die ANC nie bewyse daarvoor wou verskaf nie.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, het in ’n verslag oor die voorval erken sy het nie prosedures gevolg nie toe sy ’n ANC-afvaardiging in September na Harare op ’n lugmagvliegtuig saamgeneem het.

In die verslag het Mapisa-Nqukula gesê die ANC sal R105 000 vir die vlug aan die staat terugbetaal. Die ANC het intussen gesê die betaling is gedoen.

Tito Mboweni, minister van finansies, het verlede week in sy antwoord op ’n parlementêre vraag deur die DA gesê die geld is nog nie in die nasionale inkomstefonds nie.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het verlede week aan Netwerk24 gesê die geld is betaal aan die departement van verdediging en militêre veterane.

Siphiwi Dlamini, woordvoerder van die departement, het Maandag in ’n verklaring gesê hulle het op 30 September die betaling van die ANC gekry.

“Die geld sal gevolglik oorgedra word na die nasionale inkomstefonds. Die proses is aan die gang,” sê Dlamini.

Hy het nie op navrae van Netwerk24 reageer oor die presiese bedrag wat die ANC betaal het nie.

Meer oor:  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.