Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC sê hy sal opdok vir Harare-vlug

Die ANC gaan die koste betaal van die lugmagvliegtuig waarmee ’n senior ANC-afvaardiging verlede week Harare toe gevlieg het vir ’n ontmoeting met die regerende Zanu-PF-party in Zimbabwe.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het die aankondiging Dinsdagmiddag gedoen.

Hy het in die verklaring toegegee die ANC-afvaardiging is op ’n “ongewone manier” Harare toe.

Die ANC is ook skaam daaroor dat sy lede die inperkingsmaatreëls oortree het, het Magashule gesê.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, en die ANC-afvaardiging met hul aankoms in ’n lugmagvliegtuig verlede week in Harare. Foto: The Herald

Al die lede van die afvaardiging is nou in kwarantyn.

Die aankondiging volg net ’n dag nadat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, aan pres. Cyril Ramaphosa skriftelik verslag gedoen

het oor die omstandighede wat daartoe gelei het dat die ANC-afvaardiging saam met haar in die lugmagvliegtuig Harare toe is.

Daar was groot druk uit opposisiegeledere op die ANC om vir die vlug te betaal.

Meer inligting volg later oor wat die ANC te sê het oor sy ontmoeting met Zanu-PF.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Harare  |  Opdok  |  Vlug  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.