Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC se provinsiale sekretaris met dood gedreig

Die ANC-jeugliga in Limpopo veroordeel die doodsdreigemente teen Soviet Lekganyane, provinsiale sekretaris ten sterkste. Dit volg nadat hy as lid van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die ANC verslag oor die die beweerde korrupsie en wanbestuur in die Mogalakwena-munisipaliteit in Mokopane by Luthuli-huis in Johannesburg gaan doen het.

Che Selane, sekretaris van die ANC-jeugliga in Limpopo, sê Lekganyane het Maandag telefoonoproepe van onbekende mense gekry wat gedreig het dat hulle hom en sy familie gaan doodmaak.

Soviet Lekganyane Foto: Phuti Raletjena

“Dit kan nie toegelaat word nie. Politici moet in ’n demokratiese bestel toegelaat word om hul party of die ANC-jeugliga sonder vrees of begunstiging te kan verteenwoordig. Hulle kan nie aan intimidasie blootgestel word, terwyl hulle veg vir wat reg is nie.”

Selane sê volgens beweringse oor korrupsie wat Lekganyane by Luthuli-huis ingehandig het, word die regte voorkeur-aankope-beleid nie in die voorkeur-aankope-afdeling van die munisipaliteit gevolg nie en word tenderbedrog vermoed. “Daar is ook nepotisme in die munisipaliteit waar familielede, broers en susters van diegene wat daar werk, in diens geneem word.

“Daar word vermoedelik met familielede sake gedoen. Die jeugliga wil nou saam met die PUK van die ANC in Limpopo hê dat die probleme van die munisipaliteit op nasionale vlak deur die ANC opgelos word.”

Selana sê die jeugliga in Limpopo wil hê dat die Mogalakwena-munisipaliteit onder art. 139B-administrasie geplaas word en dat die burgemeester se burgemeesterskomitee teruggeroep moet word.

“Ons wil hê dat ’n administrateur vir die munisipaliteit aangestel word sodat die munisipaliteit volgens sekere standaarde wat die ANC stel, bedryf kan word.”

Hy sê hulle wil hê die oortreders by die munisipaliteit moet aangekla en vir hulle misdrywe vervolg word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.