Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC se verkiesing in KZN ongeldig verklaar
Zizi Kodwa Foto: Leon Sadiki

Die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die ANC in KwaZulu-Natal oorweeg dit om te appelleer teen die uitspraak in die hooggeregshof in Pietermaritzburg dat sy konferensie en leiersverkiesing in November 2015 ongeldig is.

Mdumiseni Ntuli, woordvoerder van die PUK, het buite die hof gesê “demokrate” moet die feit respekteer dat ’n ander hof tot ’n ander besluit kan kom. Hulle is voor die hof gedaag deur mense wat gegrief en ongelukkig is oor die uitkoms van die konferensie en wat meen dat die hof die regte platform is om griewe op te los.

Die leierskap van die ANC moet tyd gegun word om die uitspraak te bestudeer en sy eie besluite te neem, het hy gesê. “Die reg sal ons toelaat om die saak na die appèlhof te neem.”

Zizi Kodwa, nasionale woordvoerder van die ANC, het gesê die party neem kennis van die uitspraak en sal dit bestudeer om te besluit wat die politieke implikasies is.

“Onthou, dit het al voorheen in die Vrystaat gebeur, wat in 2012 voor die hof gedaag is met die Mangaung-konferensie. Daardie saak het in die konstitusionele hof geëindig.”

Lawrence Dube, ’n ANC-raadslid, het die saak in Mei 2016 aanhangig gemaak nadat Sihle Zikalala in Senzo Mchunu se plek tot voorsitter verkies is.

Dube het gesê die konferensie is nie net voortydig gehou nie, maar daar was ook verskeie onreëlmatighede soos dat met die uitslae gepeuter is.

Zikalala het 780 stemme ontvang en Mchunu 675 stemme nadat 1 459 afgevaardigdes gestem het.

Die respondente in die saak is onder andere Zikalala, sy adjunk, Willies Mchunu, die ANC, die Verkiesingsinstituut van Suider-Afrika (Eisa) en ander ANC-leiers.

Meer oor:  Zizi Kodwa  |  Kwazulu-Natal  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.