Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC skop hoës uit oor sekssake

Die ANC het sy twee woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe van hul poste onthef nadat klagte van 'n seksuele aard albei in die gesig staar.

Die ANC het Dinsdagoggend bevestig dat Kodwa as woordvoerder verwyder is, terwyl strafregtelike klagte teen Mabe aanhangig gemaak is. Hulle het ook bevestig dat Mabe as woordvoerder verwyder is.

Dakota Legoete sal intussen as ANC-woordvoerder optree.

Kodwa is Sondag van verkragting beskuldig, maar het die beweringe teen hom ontken en gesê dis 'n klap in die gesig van vroue dat hy van verkragting beskuldig word.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder.

Hy word daarvan aangekla dat hy ’n vrou in April tydens ’n private geselligheid verkrag het, maar voer aan dat dit ’n smeerveldtog teen hom is om “eng, partypolitieke doelwitte” te bereik.

Die vrou het ’n klag by die kantoor van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, ingedien en is deur die party aangesê om eers die polisie te nader voordat die ANC die kwessie kan ondersoek.

Die ANC het Sondag gesê hy is nie ’n polisiekantoor óf hof nie en kan daarom nie die bewerings teen Kodwa ondersoek nie.

Mabe is reeds in 2018 van seksuele wangedrag beskuldig, waarna die ANC 'n interne ondersoek begin het wat hulle beoog om vroeg in 2019 af te handel.

Mabe se 26-jarige persoonlike assistent het hom van seksuele teistering aangekla.

Die vrou, ’n lid van die ANC-jeugliga, beweer Mabe wou seks met haar hê in ruil daarvoor dat sy die pos kry. Sy het in November ’n brief met griewe aan Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretarisgeneraal, gestuur.

In die brief van 14 bladsye skryf sy sy het Mabe se persoonlike assistent geword sonder dat ’n werkonderhoud met haar gevoer is. Sy beweer Mabe het haar salaris tot R15 000 per maand verminder toe sy sy toenadering weier.

Meer oor:  Anc  |  Verkragting  |  Seksuele Teistering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.