Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC skors Supra Mahumapelo

Supra Mahumapelo, voormalige ANC-voorsitter en premier van Noordwes, is uit die ANC geskors.

Hlomane Chauke, voorsitter van die ANC se tussentydse provinsiale taakspan in Noordwes, het Woensdagmiddag teenoor Newzroom Afrika bevestig dat Mahumapelo en verskeie ander ANC-lede “weens swak dissipline en die saai van verdeeldheid in die ANC” in die provinsie hangende tugverhore geskors is.

Kenny Morolong, ANC-woordvoerder in Noordwes, wou Woensdagmiddag nie navrae hieroor beantwoord nie.

Mahumapelo is ’n politieke bondgenoot van Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal. Hy is ook ’n ANC-LP en voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme.

Meer oor:  Supra Mahumapelo  |  Supra Geskors  |  Anc-Skorsing  |  Anc  |  Anc-Faksies  |  Skorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.