Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC skrap meer as 20 kandidate van sy kieslyste
Dakota Legoete, waarnemende nasionale ANC-woordvoerderFoto: Argief

Die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) het die name van meer as 15 aspirant-LP’s en vyf aspirant-lede van provinsiale wetgewers van sy verkiesingslyste verwyder. Na verneem word is dit lede wie se geskiktheid deur die party se lyskomitee bevraagteken is.

Die name wat verwyder is, kan nou vervang word en nuwe name kan Woensdag aan die Verkiesingskommissie gestuur word.

“Hulle het nie die keuring geslaag nie en ANC-amptenare moet hulle nou amptelik daaroor inlig,” het ’n lid van die NWK gesê.

“Dit is meer as 20 name, maar dit is nie finaal nie. Ons vra hulle om self terug te staan en nie die ANC daarmee te belas nie,” sê Dakota Lekgoete, woordvoerder van die ANC.

In Noordwes twis die twee ANC-faksies, dié van die voormalige premier, Supra Mahumapelo, en dié van die provinsiale taakspan, steeds oor die verkiesingslyste vir die parlement en die wetgewer.

Mahumapelo se groep wil sommige kandidate se name hoër opskuif, maar die taakspan verwerp dit, volgens die bron in die NWK.

Noordwes se lyskomitee vergader Dinsdag met die nasionale lyskomitee om die twis op te los.

Meer oor:  Anc  |  Verkiesingskommissie  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.