SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Politiek
ANC skud vere reg vir 100 000 ondersteuners in Durban

Die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal sal Saterdag ’n miernes van bedrywighede wees wanneer die ANC derduisende party-ondersteuners verwag vir die hoogtepunt van die party se 107de verjaardagvieringe.

’n Helder somersdag blink Vrydag bo die koepel van die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal, waar die ANC Saterdag sy verkiesingsmanifes bekend maak. Foto: Felix Dlangamandla

Die party se manifes vir die komende algemene verkiesing sal ook dan bekend gestel word.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC het Vrydag in Durban die media op hoogte gebring met die party se gereedheid vir die saamtrek en gesê die eerste busse met ondersteuners sal Vrydag om middernag al by die stadion begin opdaag.

“Ons verwag busse . . . uit al nege die provinsies,” sê Magashule.

“Alle beheermaatreëls is in plek om te verseker dat mense veilig is . . .”

Die stadion waar dié hoofgeleentheid van die ANC se 8 Januarie-verjaardagvieringe aangebied word, het plek vir 85 000 mense. Daar sal ook twee gebiede buite wees waar diegene wat nie binne plek kry nie, pres. Cyril Ramaphosa se toespraak en ander verrigtinge op groot skerms kan volg.

Die polisie in KwaZulu-Natal het Donderdag in ’n verklaring gesê dat hulle meer as 100 000 mense by die geleentheid verwag en dat die polisie en verkeersbeamptes streng skare- en verkeersbeheermaatreëls sal toepas.

Volgens die polisie sal paaie rondom die stadion vanaf Vrydag om 18:00 tot Sondag gesluit wees.

Ons verwag busse . . . uit al nege die provinsies.

Die hekke by die stadion sal na verwagting vanaf 07:00 Saterdag oop wees. Diegene wat vroeg opdaag kan verwag om getrakteer te word op verskeie kulturele programme en optredes deur Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Ramaphosa sal na verwagting om 10:00 die ANC se verkiesingsmanifes bekendstel.

Magashule sê buitelandse eregaste en verteenwoordigers van voormalige bevrydingsorganisasies sal ook die geleentheid bywoon. Hy sê al die voormalige presidente van die ANC is genooi, hoewel oudpres. Thabo Mbeki die uitnodiging van die hand gewys het weens ander verpligtinge.

“Pres. Mbeki het aangedui dat hy graag wou kom, maar hy het reeds ander verpligtinge gehad. So, pres. Mbeki het, sover ek weet, om verskoning gevra en sal nie môre daar wees nie . . .”

Magashule het ANC-lede ook gevra om uiters beheers te wees en gewaarsku dat geen verdelende liedjies gesing mag word nie. Alkohol en vuurwapens sal ook verbode wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.